Sirkoon as voerstof vir sirkoniumgebaseerde chemikalieë, keramieke, die metaal en sy legerings: ‘n Oorsigartikel

Zircon as feedstock for zirconium chemicals, ceramics, the metal and alloys: A review

  • S J Lubbe Zirconox Eiendoms Bpk
  • P L Crouse Universiteit van Pretoria
Keywords: sirkoon, sirkoniumchemie, sirkoniumoksiechloried-oktahidraat, sirkonia, sirkooniumchemikalieë

Abstract

Suid-Afrika is die tweedegrootste internasionale produsent van sirkoon. Plaaslike veredeling is egter minimaal, ondanks die aantreklike markgeleentheid vir sirkoniumgebaseerde produkte. Daar is verskeie goed ontwikkelde prosesse vir die vervaardiging van ‘n reeks sirkoniumchemikalieë. Hierdie chemikalieë kan op hul beurt gebruik word om monokliniese sowel as gestabiliseerde sirkoniumoksiede te berei. In die meeste van die prosesse word sirkoniumoksichloriedoktahidraat – ook na aanleiding van die Engels bekend as ZOC – as voerstof gebruik. Sirkonium is inert en nie giftig nie, en kan daarom in verskeie toepassings gebruik word. Dit sluit in mediese implantate, antiperspirante en selfs as absorbeermiddels gedurende bloeddialise om ammoniak te absorbeer. Sirkoniumoksiedgebaseerde keramieke het ook verskeie toepassings in aggressiewe industriële prosesse as gevolg die hardheid en inerte karakter van die materiaal. Hierdie artikel gee ‘n oorsig van die prosesserings- en sinteseroetes tussen die mineraal en die finale produkte, sowel as die voerchemikalieë, met klem op die plaaslike konteks.

Author Biographies

S J Lubbe, Zirconox Eiendoms Bpk

Zirconox Eiendoms Bpk, Suid-Afrika

P L Crouse, Universiteit van Pretoria

Zirconox Eiendoms Bpk en Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2023-08-21
How to Cite
Lubbe, S., & Crouse, P. (2023). Sirkoon as voerstof vir sirkoniumgebaseerde chemikalieë, keramieke, die metaal en sy legerings: ‘n Oorsigartikel. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 43-63. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/963
Section
Oorspronklike Navorsing

Most read articles by the same author(s)