Ontwerp en vervaardiging van ’n vanadiumredoksvloeisel vir laboratoriumgebruik

Design and manufacturing of a laboratory scale vanadium redox flow cell

  • Eduan Oosthuizen Universiteit van Pretoria
  • P L Crouse Universiteit van Pretoria

Abstract

Hernubare energiebronne vir elektrisiteitsopwekking geniet internasionaal aandag te midde van die klimaatsveranderingkrisis. ’n Groot tekortkoming inherent tot hernubare energiebronne, is hul natuurlike onvoorspelbare aard. Dit is hoogs onwaarskynlik dat die energiebron gedurende tye van hoë aanvraag beskikbaar is. Die oplossing wat internasionaal nagevors word, is die grootskaalse stoor van elektriese energie om die wisselvallige toevoer van elektrisiteit uit te skakel. Die vanadiumredoksvloeisel geniet sedert sy eerste bekendmaking heelwat aandag as ’n effektiewe grootskaalse stoormetode. Relevansie vir Suid-Afrika spruit
uit die land se groot fl uoor- en vanadiumreserwes. Fluoor word in die vervaardiging van die vloeisel se protondeurlaatbare membraan en die vanadium in die sel se elektroliet, gebruik.

Author Biographies

Eduan Oosthuizen, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria

P L Crouse, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria

Published
2019-07-17
How to Cite
Oosthuizen, E., & Crouse, P. (2019). Ontwerp en vervaardiging van ’n vanadiumredoksvloeisel vir laboratoriumgebruik. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 130-131. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/702
Section
Referaatopsommings

Most read articles by the same author(s)