Verwydering van MoF6 en HF uit ’n helium-MoF6- gasmengsel

Removal of MoF6 and HF from a helium-MoF6 gas mixture

  • E Ungerer Universiteit van Pretoria
  • P L Crouse Universiteit van Pretoria
Keywords: Adsorbsie, ioonuitruilharse, MoF6, HF, MN102, A100Mo, alumina, koolstof

Abstract

Klydon het die aërodinamiese skeidingsproses (ASP) met die doel van isotoopverryking in molibdeen-100 vir die doeleindes van mediese-isotoopproduksie ontwikkel. Helium word as draergas saam met molibdeen in die vorm van molibdeenheksafluoried (MoF6) tydens die proses gebruik. Die MoF6 word as produk uit die heliumstroom verwyder deur dit uit te vries. Die helium moet gesuiwer word en indien waterstoffluoried (HF) of MoF6 nog teenwoordig is, moet dit effektief verwyder word. Nadat verskillende moontlikhede van gasskeiding en verwydering van HF en MoF6 ondersoek is, het die keuse op adsorbente geval met die oorwig van keuse op ioonuitruilharse. Die rede vir die keuse was dat harse maklik bekombare sintetiese polimeermateriale is, wat in staat is om spesifieke ione uit te ruil of vas te lê. As gevolg van die reaktiwiteit van beide MoF6 en HF, is dit meer waarskynlik dat die twee reagense onomkeerbaar met die vaste stowwe reageer. Die eksperimente het getoon dat MN102 en A100Mo potensiaal het om MoF6 in die finale poleringsstap uit helium te verwyder. Verder het die eksperimente getoon dat alumina en koolstof moontlik die potensiaal het om HF selektief uit ’n heliumstroom te verwyder. Die resultate was nie verrassend nie want A100Mo is ’n makroporeuse, gemengde basisanioon hars, wat juis gebruik word om molibdeen uit suuroplossings te verwyder. MN102 is ’n makroporeuse hidrofobiese, swak basisanioon hars. Verdere studie en eksperimentering met ’n mengsel van HF en MoF6 om die selektiewe reaksie van HF te ondersoek word dus sterk aanbeveel.

Author Biographies

E Ungerer, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

P L Crouse, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-10-26
How to Cite
Ungerer, E., & Crouse, P. (2020). Verwydering van MoF6 en HF uit ’n helium-MoF6- gasmengsel. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 53-60. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/785
Section
Articles

Most read articles by the same author(s)