Vervaardiging van fluoorgas vir laboratoriumgebruik: Proses-ontwerp en -bedryf

Manufacture of fluorine gas for laboratory use: Process design and operation

  • E Oosthuizen Universiteit van Pretoria
  • G J Puts Universiteit van Pretoria
  • P L Crouse Universiteit van Pretoria
Keywords: Anhidriese waterstoffluoried, fluoorgas;, elektrolise, Pauling-sel

Abstract

’n Proses vir die kleinskaalse laboratoriumvervaardiging van fluoorgas met CaF2 as die invoer-reagens is ontwerp en in bedryf gestel. Die eerste stap maak gebruik van ’n lotreaktor wat CaF2 na anhidriese HF omskakel deur reaksie met anhidriese swawelsuur. Die vervaardigde HF word gestoor in ’n oordragsvat en dan na ’n Pauling-tipe fluoorsel, wat vooraf met KF·HF gelaai is, oorgedra. Die elektroliet, KF·2HF, wat by die bedryfstemperatuur van die sel in die vloeistoffase is, word in-situ gevorm. Waterstoffl uoried (HF), op sigself, is ’n swak suur en is nie elektries geleidend genoeg vir elektroliese nie. Die gebrekkige elektriese geleidingsvermoë van HF word omseil deur gebruik te maak van KF·2HF as elektroliet. KF·2HF dissosieer na die ione K+ en F2H- in HF, in die vloeistoffase en gelei eletrisiteit genoegsaam om as elektroliet op te tree. Die HF lotreaktor toon ’n omskakelingsrendement van 70 %. Die fluoorsel het ’n waarneembare bo-potensiaal van 2.7 V en die voltammetriese kromme toon die verwagte elektriese gedrag.

Author Biographies

E Oosthuizen, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

G J Puts, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

P L Crouse, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-08-25
How to Cite
Oosthuizen, E., Puts, G., & Crouse, P. (2020). Vervaardiging van fluoorgas vir laboratoriumgebruik: Proses-ontwerp en -bedryf. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 46-52. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/786
Section
Articles

Most read articles by the same author(s)