Het die ouderdom van beeste ’n invloed op die bosluislading?

Does the age of cattle influence the number of ticks on an animal?

  • E Terblans Universiteit van die Vrystaat
  • E M S van Dalen Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Bosluise is belangrike ektoparasiete wat verantwoordelik is vir enorme verliese in die veeproduksiebedryf indien hulle nie beheer word nie. Een van die bekendste metodes vir bosluisbeheer is chemiese beheer deur middel van akarisiede, maar met die nadeel dat die bosluise weerstandbiedendheid teen die aktiewe  bestanddele kan ontwikkel. Die enorme impak van bosluise in die veebedryf maak die noodsaaklikheid om alternatiewe bosluisbeheermetodes te ontwikkel uiters belangrik. Die natuurlike weerstand van beeste teen bosluise, bekend as gasheerweerstand, is een moontlike alternatiewe bosluisbeheermetode. Gasheerweerstand word beïnvloed deur baie verskillende eienskappe van die gasheerdiere, wat oorerflik en nie-oorerflik kan wees. Een van die bekendste eienskappe wat gasheerweerstand beïnvloed, is die verskillende beesrasse. Oor die algemeen word geglo dat inheemse besrasse (Bos indicus) ’n hoër vlak van weerstand teen bosluise het as Europese beesrasse (Bos taurus). Ander fisiese eienskappe van beeste wat die graad van gasheerweerstand kan beïnvloed, sluit in haarlengte, haarkleur en veldikte.

Author Biographies

E Terblans, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

E M S van Dalen, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2024-02-14
How to Cite
Terblans, E., & van Dalen, E. (2024). Het die ouderdom van beeste ’n invloed op die bosluislading?. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 112. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/997
Section
Referaatopsommings