Spektrale metodes en gebiedontbinding

Spectral methods and domain decomposition

  • E A Nel Stellenbosch Universiteit
  • N Hale Stellenbosch Universiteit

Abstract

Gewone en parsiële differensiaalvergelykings (GDV en PDV) is alomteenwoordig in die wetenskappe en ingenieurswese. Toepassings daarvan ontstaan in ’n wye verskeidenheid studievelde, soos termodinamika, elektrostatika, vloeistofdinamika, algemene relatiwiteit en kwantummeganika. Hierdie vergelykings het tipies nie geslote-vorm oplossings nie en vereis dus numeriese metodes, soos eindigeverskil-, eindige-element- of spektrale metodes, om dit op te los. Terwyl eindige-verskil-metodes en eindige-element-metodes op lokale benaderings gebaseer is, is spektrale metodes op globale benaderings gebaseer en gevolglik lei dit dikwels tot meer akkurate oplossings. Hierdie navorsing fokus op die gebruik van spektrale kollokasiemetodes saam met gebiedontbindingstrategieë om tweede-orde elliptiese GDVs en PDVs met veranderlike koëffisiënte op een- en twee-dimensionele gebiede op te los.

Author Biographies

E A Nel, Stellenbosch Universiteit

Departement Toegepaste Wiskunde, Stellenbosch Universiteit, Suid-Afrika

N Hale, Stellenbosch Universiteit

Departement Toegepaste Wiskunde, Stellenbosch Universiteit, Suid-Afrika

Published
2024-02-14
How to Cite
Nel, E., & Hale, N. (2024). Spektrale metodes en gebiedontbinding. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 107. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/993
Section
Referaatopsommings