’n Raamwerk om digitale tweeling-funksionaliteite in webtoepassings te implementeer
A framework to implement digital twin functionalities into web applications
Abstract
Digitale tweelinge (DT) verskaf onmiddellike fisiese konteks aan data in komplekse ingenieurstelsels, bv. diepvlakmyne. Wanneer sensordata ook geïntegreer word, kan DT ook help met mynboubedrywighede, verrigtingsanalise, beplanning en besluitneming. DT is egter berekeningsintensief en vereis tipies kragtige rekenaars in plaas van minder kragtige mobiele toestelle.