Karakterisering van plantgesondheidsbevorderende mikroörganismes (PGBMs) en potensiële biologiese beheermiddels (BBMs) in die sojaboonmikrobioom

Characterisation of plant health promoting microorganisms (PGPMs) and potential biological control agents (BCAs) from the soybean microbiome

  • A Edwards Universiteit van die Vrystaat
  • L A Rothmann Universiteit van die Vrystaat
  • W J Swart Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Moderne landbou het afhanklik geraak van die gebruik van sintetiese kunsmis, plaagdoders en onkruiddoders om oesopbrengs te verbeter en siektes, plae en onkruid te bestuur. Die langdurige gebruik van hierdie chemikalieë het gelei tot die besoedeling van die omgewing asook die beskadiging van grondekosisteme. Daar is ’n kritiese behoefte aan nuwe biologiese produkte om plantgesondheid te bevorder en hoogs aggressiewe plantpatogene te beheer. In hierdie navorsing is die mikrobioom van die sojaboon (Glycine max) ondersoek om te bepaal of dit gebruik kan word as ’n bron vir plantgroeibevorderende mikroörganismes (PGBMs) en biologiese beheermiddels (BBMs) vir die beheer van Sclerotinia-stamvrot, veroorsaak deur Sclerotinia sclerotiorum.

Author Biographies

A Edwards, Universiteit van die Vrystaat

Departement Plantwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

L A Rothmann, Universiteit van die Vrystaat

Departement Plantwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

W J Swart, Universiteit van die Vrystaat

Departement Plantwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2024-02-14
How to Cite
Edwards, A., Rothmann, L., & Swart, W. (2024). Karakterisering van plantgesondheidsbevorderende mikroörganismes (PGBMs) en potensiële biologiese beheermiddels (BBMs) in die sojaboonmikrobioom. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 42(1), 101. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/987
Section
Referaatopsommings