Ontwerpbeginsels vir drywende vleilande – ‘n gevallestudie in Suid Afrika

Design principles for floating wetlands – a case study in South Africa

  • Y Schoeman Universiteit van die Vrystaat
  • P J Oberholster Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Die besoedeling van beskikbare waterbronne is een van die grootste bedreigings vir volhoubare watervoorsiening in Suid-Afrika. Gepaardgaande uitdagings in omgewingsbestuur en antropogeniese impakte in die vorm van die bekendstelling van chemiese en kritieke voedingstowwe (as kontaminante) verhoog die konsentrasie van stikstof en fosfor in waterbronne. Die kontaminante is afkomstig van bronne soos munisipale riool, nywerheids- en mynboubedrywighede, vee-afval en kunsmistoediening in landbouaktiwiteite. Die ontwikkeling van bio-intelligente oplossings om die watergehalte van waterbronne te verbeter, saam met die bevordering van gemeenskapsvolhoubaarheid en kostedoeltreffende en volhoubare ekosisteemdienste is van kardinale belang.

Author Biographies

Y Schoeman, Universiteit van die Vrystaat

Sentrum vir Omgewingsbestuur, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

P J Oberholster, Universiteit van die Vrystaat

Sentrum vir Omgewingsbestuur, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Schoeman, Y., & Oberholster, P. (2023). Ontwerpbeginsels vir drywende vleilande – ‘n gevallestudie in Suid Afrika. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 132. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/955
Section
Referaatopsommings