Sildenafiel as effektiewe monoterapie en kombinasiestrategie met ‘n antidepressant in knaagdiermodelle van behandelingsweerstandige depressie

Sildenafil as an effective monotherapy and combination strategy with an antidepressant in rodent models of treatmentresistant depression

  • J L B Saayman Noordwes-Universiteit
  • B H Harvey Noordwes-Universiteit
  • G Wegener Aarhus Universiteit
  • C B Brink Noordwes-Universiteit

Abstract

Major depressiewe versteuring (MDV) is ‘n ernstige gemoedsversteuring wat miljoene individue van alle ouderdomsgroepe, rasse, etnisiteite en sosio-ekonomiese groeperings affekteer. MDV word gekenmerk deur ‘n verlaagde gemoedstoestand, die onvermoë om plesier te ervaar en hoë selfdoodsyfers. Dit benadeel produktiwiteit in die werksplek, asook algemene lewenskwaliteit en interpersoonlike verhoudinge. Ongeveer 33% van MDV-pasiënte is weerstandig teen konvensionele antidepressantbehandeling en ly aan behandelingsweerstandige depressie (BWD), gedefinieer as ‘n gebrek aan respons ná minstens twee voldoende proewe met antidepressante uit verskillende farmakologiese klasse. Dringende ondersoek na behandelingsopsies met nuwe biologiese teikens (waar modulering daarvan tot ‘n antidepressiewe effek lei) is noodsaaklik, aangesien byna alle huidige beskikbare antidepressante die monoaminergiese stelsel op een of ander wyse moduleer. Hierdie studie het ondersoek ingestel na die effektiwiteit van die selektiewe fosfodiësterase tipe-5-remmer, sildenafiel, as ‘n monoterapie en kombinasiestrategie saam met tradisionele antidepressante, vir die oorkoming van behandelingsweerstandigheid in twee knaagdiermodelle van BWD, naamlik die adrenokortikotropiese hormoon (AKTH), en die tydafhanklike sensitisering- (TAS-) geïnduseerde translasiemodelle.

Author Biographies

J L B Saayman, Noordwes-Universiteit

Departement Farmakologie, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

B H Harvey, Noordwes-Universiteit

Departement Farmakologie, Noordwes-Universiteit en Sentrum van Uitnemendheid vir Farmaseutiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

G Wegener, Aarhus Universiteit

Translasionele Neuropsigiatriese Eenheid, Aarhus Universiteit, Denemarke

C B Brink, Noordwes-Universiteit

Departement Farmakologie, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Saayman, J., Harvey, B., Wegener, G., & Brink, C. (2023). Sildenafiel as effektiewe monoterapie en kombinasiestrategie met ‘n antidepressant in knaagdiermodelle van behandelingsweerstandige depressie. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 131. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/954
Section
Referaatopsommings