Renium(I)trikarbonielkomplekse van 1’-(alkielamino)aurone en aminoauroonimiene as potensiële chemoterapeutiese middels

Rhenium(I) tricarbonyl complexes of 1’-(alkylamino)aurone and aminoauronimines as potential chemotherapeutic agents

  • L Liebenberg Universiteit van die Vrystaat
  • M Schutte-Smith Universiteit van die Vrystaat
  • H G Visser Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Kanker is een van die grootste oorsake van sterftes in die wêreld. Volgens CA: A Cancer Journal for Clinicians is daar in 2020 wêreldwyd sowat 19,3 miljoen nuwe kankergevalle en 10 miljoen sterftes as gevolg van kanker aangemeld. ‘n Kankerdiagnose het ‘n reuse-impak op die lewe van enige persoon wat daardeur geraak word. Danksy die vooruitgang in mediese navorsing kan mense genees word of hul lewenskwaliteit kan verbeter word. In die wetenskaplike veld word dissiplines soos farmakologie, immunologie, selbiologie en molekulêre genetika by kankernavorsing betrek. Dit sluit die ontwikkeling en laboratoriumstudies van nuwe geneesmiddels in vir gebruik in veral gerigte kankerterapie, fotodinamiese terapie en chemoterapie. Laasgenoemde is een van die algemeenste behandelings vir kanker wat kankerselle vernietig, laat krimp of die groei daarvan inhibeer. Chemoterapeutiese middels bestaan hoofsaaklik uit organiese molekules of metaalkomplekse en maak sedert die sewentigerjare deel uit van ‘n belangrike navorsingsveld.

Author Biographies

L Liebenberg, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

M Schutte-Smith, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

H G Visser, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Liebenberg, L., Schutte-Smith, M., & Visser, H. (2023). Renium(I)trikarbonielkomplekse van 1’-(alkielamino)aurone en aminoauroonimiene as potensiële chemoterapeutiese middels. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 126. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/949
Section
Referaatopsommings