Optimalisering van ’n fosformateriaal vir sonkragtoepassing

Optimisation of a phosphor material for solar application

  • L J B Erasmus Universiteit van die Vrystaat
  • D Poelman Gent Universiteit
  • J J Terblans Universiteit van die Vrystaat
  • P F Smet Gent Universiteit
  • H C Swart Universiteit van die Vrystaat

Abstract

Een van die eienskappe wat die doeltreffendheid van sonselle fundamenteel belemmer, is termiese verliese as gevolg van fotogolwe (ligdeeltjies) met kort golflengtes. Hierdie probleem spruit daaruit voort dat die standaardsonspektrum by ongeveer 530 nm ‘n hoogtepunt bereik, terwyl die hoogste spektrale reaksie – soos in die geval van Gallium arseniedsonselle – eers by 700 nm bereik word (Islam 2018). Die spektrale wanverhouding tussen die sonspektrum en die opnamespektrum van sonkragselle lei tot laer doeltreffendheid. Verskeie studies het al die gebruik van fosformateriale om sonkragselle hiermee te help, ondersoek (Day et al. 2019). ‘n Fosformateriaal bestaan gewoonlik uit ‘n gasheermateriaal wat in ‘n seldsame aardioon gedoop is. In ‘n ideale situasie absorbeer die seldsame aardioon ‘n wye reeks van die kort golflengtes sonstraling, en skakel dit om in langer golflengtes lig, sodat dit deur ‘n sonsel geabsorbeer kan word (Weber 2003).

Author Biographies

L J B Erasmus, Universiteit van die Vrystaat

Departement Fisika, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika en Departement van Vaste Toestand Wetenskappe, Gent Universiteit, België

D Poelman, Gent Universiteit

Departement van Vaste Toestand Wetenskappe, Gent Universiteit, België

J J Terblans, Universiteit van die Vrystaat

Departement Fisika, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

P F Smet, Gent Universiteit

Departement van Vaste Toestand Wetenskappe, Gent Universiteit, België

H C Swart, Universiteit van die Vrystaat

Departement Fisika, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2023-02-14
How to Cite
Erasmus, L., Poelman, D., Terblans, J., Smet, P., & Swart, H. (2023). Optimalisering van ’n fosformateriaal vir sonkragtoepassing. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 121. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/944
Section
Referaatopsommings