‘n Multinavorsingsmodel toegerus met sagteware-instrumente vir die afstandanalisering van rotskunsdata: Bosworth-plaas gevallestudie

A multi-research model equipped with software tools for the remote analysis of rock art data: Bosworth farm case study

  • L Boardman Noordwes-Universiteit
  • T C de Klerk Noordwes-Universiteit
Keywords: rotskuns, Bosworth, petrogliewe, 3D-modellering, afstandwaarneming

Abstract

Die globale verspreiding van rotskuns kompliseer die navorsing daarvan en noodsaak navorsers om grootliks op die aanlyn beskikbaarheid daarvan staat te maak. Sou van die elemente in só ‘n kunswerk blyk onduidelik te wees, moet tans op ‘n individuele basis na aanlyn toepassings gesoek word wat moontlike verhoogde sigbaarheid daarvan kan meebring. Die doel van hierdie studie was om te poog om hierdie leemte te vul deur, eerstens, ‘n interaktiewe multinavorsingsmodel te skep, en tweedens, om die navorsingswaarde van só ʼn model te bepaal. Petrogliewe van die Bosworth-rotskunsterrein is vir hierdie doel gedokumenteer en voorgestel in die konteks van hul onmiddellike omgewing, naamlik die betrokke rotse en terrein. Om hierdie data aanlyn beskikbaar te stel, is ‘n webtoepassing geskep wat analiseringsvermoë bied ten opsigte van die vergroting,  manipulering van die hellingshoek, toekenning van nuwe kleurkombinasies, asook die werp van digitale skaduwees oor die kunswerke. ‘n Kombinasie van hierdie ingeboude manipuleringsopsies is daarna beskikbaar gestel vir toepassing op beide 2D- én 3D-uitbeeldings van elke kunswerk, in kleur sowel as in monochroom. Navorsers kan dus die rotskunsterrein virtueel besoek en ook die waarneembaarheid van die petrogliewe verhoog by wyse van geïntegreerde sagteware-instrumente. Hierdie digitale argeologiese tegnieke kan op dieselfde wyse op ander rotskunsterreine vir die analisering en bestudering van rotskuns toegepas word.

Author Biographies

L Boardman, Noordwes-Universiteit

Navorsingseenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur, Noordwes‑Universiteit, Potchefstroomkampus, Suid-Afrika

T C de Klerk, Noordwes-Universiteit

Navorsingseenheid vir Omgewingswetenskappe en Bestuur, Noordwes‑Universiteit, Potchefstroomkampus, Suid-Afrika

Published
2022-11-16
How to Cite
Boardman, L., & de Klerk, T. (2022). ‘n Multinavorsingsmodel toegerus met sagteware-instrumente vir die afstandanalisering van rotskunsdata: Bosworth-plaas gevallestudie. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 41(1), 75-91. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/915
Section
Oorspronklike Navorsing