Evaluering van Saamgestelde- en Standaardslytvaste plate op Laaibakke van Hidrouliese Voorlaaiers in Platinummyne

Evaluation of Composite and Standard Liner Plates on Hydraulic Face Shovels Operating in Platinum Mines

  • Witske Le Roux Tshwane Universiteit van Tegnologie
  • Tamba Jamiru Tshwane Universiteit van Tegnologie
  • Lodewyk Willem Beneke Tshwane Universiteit van Tegnologie
  • Taoreed Adesola Adegbola Tshwane Universiteit van Tegnologie
Keywords: slytvaste (SV) plate, chroomkarbied slytplate (CK-slytplate), grondverskuiwingstoerusting (GVT), slytpakket, voeringplate, voorlaaier

Abstract

Die artikel gee ’n uiteensetting van die resultate van navorsing wat gedoen is om te bepaal of die gebruik van chroom-karbied (CK) oorlegde voeringplate as ’n alternatief vir slytvaste (SV) plate aanbeveel kan word ter verlenging van die produksiesiklus van hidrouliese voorlaaiers in platinummyne.

Navorsing toon dat slegs 53% van die RH340 voorlaaiers wat in die myn gebruik word ’n diensperiode van 3 500 uur in produksie haal alvorens meganiese herstelwerk genoodsaak word. ’n Alternatiewe voeringplaat met langer diensperiodes kan die produktiwiteit van die meganiese voorlaaierkomponente verhoog terwyl produksie-uitsette en hoë vlakke van doeltreffendheid gehandhaaf word.

Die slytvastheid van saamgestelde CK- en standaard SV-plate is vergelyk deur twee RH340 voorlaaierbakke toe te rus met die onderskeie materiale, waarna die werkverrigting van die twee tipes plate onder normale produksietoestande gemonitor en gedokumenteer is tydens gereelde velddiensinspeksies.

Die geldigheid van die navorsing is eerstens ondersteun deur ’n vergelykende literatuuroorsig van beide materiale. Tweedens is ’n reeks metallurgiese toetse uitgevoer op die twee materiale nà vergelykbare periodes in produksie, insluitend ’n vergelykende slytanalise.

Die evaluering het aangedui dat saamgestelde CK-slytplate duurder is en dat die wagperiode van bestelling tot aflewering langer is, maar dat die CK-slytplaat minder weeg as die SV-slytplate. Die SV-slytplaat in hierdie studie het 3 283 ure in produksie voltooi, en die CK-slytplaat 4 803 ure.

Die bevindinge van hierdie studie is van toepassing op komponente wat in platinummyne gebruik word, aangesien die slytasietempo van laaibakvoerings beïnvloed word deur die geologiese eienskappe van die las wat dit moet skuif.

Die studieresultate ondersteun die aanbeveling van CK as ’n alternatief tot SV voerings. Verdere navorsing behoort gedoen te word om die plasing en oriëntasie van die CK-plate te optimaliseer.

Author Biographies

Witske Le Roux, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement van Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Suid-Africa

Tamba Jamiru, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement van Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Lodewyk Willem Beneke, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement van Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Taoreed Adesola Adegbola, Tshwane Universiteit van Tegnologie

Departement van Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese, Tshwane Universiteit van Tegnologie, Suid-Afrika

Published
2021-10-19
How to Cite
Le Roux, W., Jamiru, T., Beneke, L., & Adegbola, T. (2021). Evaluering van Saamgestelde- en Standaardslytvaste plate op Laaibakke van Hidrouliese Voorlaaiers in Platinummyne. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 127-139. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/852
Section
Articles