’n Ondersoek na die opname van sink deur Chrysopogon zizanioides uit gekontamineerde oppervlakwater

  • Lesley Keay Noordwes-Universiteit
  • Victor Wepener Noordwes-Universiteit
  • Cornelius T Wolmarans Noordwes-Universiteit
Keywords: Chrysopogon zizanioides, fitoremediëring, sinkkonsentrasies, opname

Abstract

Die verwydering van metale uit die omgewing kan deur verskeie prosesse, waarvan fitoremediëring die mees natuurlike is, gedoen word. Chrysopogon zizanioides is in hierdie studie gebruik om die opname en akkumulasie van sink (Zn) deur hierdie plant vanuit ’n akwatiese omgewing te bestudeer. Voorbereide eksemplare van C. zizanioides is oor ’n tydperk van 28 dae aan verskeie sinkkonsentrasies blootgestel. Water-, wortel- en blaarmeristeemmonsters is op 1 uur, 7, 14 en 28 dae na sinkblootstelling versamel en verwerk, waarna die sinkinhoud met behulp van atoomabsorpsiespektrofotometrie (AAS) bepaal is. Uit die resultate is dit duidelik dat die persentasie afname van Zn in die water oor die totale blootstellingsperiode die laagste was by die hoogste sinkkonsentrasie (15 en 30 mg/L). Terwyl dit by 0.1 mg/L en 1.5 mg/L met onderskeidelik 38% en 47% teen dag 28 afgeneem het. Verder het die biokonsentrasie faktor aangedui dat die persentasie Zn opgeneem deur die wortels per massa eenheid by al die bloostellingskonsentrasies en periodes hoër as in die blare was. Wat die translokasie faktor soos bereken vir die onderskeie wortel- en blaarmonsters betref, het dit nooit 1 oorskry nie. Dit dui daarop dat die blare nie ’n prominente rol in die akkumulasie van Zn gespeel het nie. Hierdie studie het aangetoon dat C. zizanioides by sinkkonsentrasies van 0.1 mg/L en 1.5 mg/L effektief mag wees as fitoremediëringsplante. Langertermyn studies sou moontlik kon aandui of Zn enigsins deur die blare getransporteer en gestoor word.

Author Biographies

Lesley Keay, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstrom Kampus, Suid-Afrika

Victor Wepener, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstrom Kampus, Suid-Afrika

Cornelius T Wolmarans, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstrom Kampus, Suid-Afrika

Published
2021-09-09
How to Cite
Keay, L., Wepener, V., & Wolmarans, C. (2021). ’n Ondersoek na die opname van sink deur Chrysopogon zizanioides uit gekontamineerde oppervlakwater. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 85-93. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/848
Section
Articles