Kaapstad: ’n Slimstad vir sosio-ekonomiese ontwikkeling in Afrika

Cape Town: A Smart City for African Socio-Economic Development

  • Alvin Ngoni Arnardu Cape Peninsula University of Technology
  • Errol Francke Cape Peninsula University of Technology

Abstract

Die modellering van slimstede stel ’n verskuiwing in fokus voor, vanaf statiese e-regeringsbeleid tot pragmatiese Internet van Dinge (IoT)-oplossings wat voortdurend dinamies op burgers en die omgewing inwerk. Die doel van hierdie studie is om vas te stel hoe Kaapstad as ’n slimstad tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling in Afrika kan bydra en die Smart Africa-inisiatief kan bevorder.

Aangemoedig deur ’n versoek van Smart Africa, is hierdie sosio-tegniese studie van mening dat inligtings- en kommunikasietegnologie (IKT) en die kennisgedrewe ekonomie Afrika se mededingendheid in die globale ekonomie kan verhoog.

Afrika het daarin geslaag om op hoogte te bly van tegnologiese tendense, veral in telekommunikasie. Die implementering van 5G verg egter meer as om bloot aansluiting te lewer, aangesien dit ’n magdom moontlikhede vir slimstede bied. Hierdie studie stel voor dat die grondslag van Smart Africa in ’n geloofwaardige beleid en regulerende omgewing gesetel is wat die werkskepping, volhoubare entrepreneurskap en die uitruil van kennis sal aanvuur.

Hierdie studie het triangulering van teorie, die opstel van databronne en datainsamelingsmetodes toegepas wat op die beginsels van die Smart City-manifes gebaseer is. In die empiriese fase is sleutel-IKT-beamptes van die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse Regering (WKR) genooi om deel te neem aan die indiepte-onderhoude wat in Junie 2019 gevoer is.

Dié studie ondersteun die sienswyse dat Kaapstad as ’n slimstad deur middel van die Smart Africa-beginsels vir sosio-ekonomiese ontwikkeling tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Afrika kan bydra. Hierdie aanbevelings dien as riglyne vir IKT-strategieë, beleid en stadsbeamptes in hulle transformasie tot slimstede, veral in Afrika.

Author Biographies

Alvin Ngoni Arnardu, Cape Peninsula University of Technology

Faculty of Informatics and Design, Cape Peninsula University of Technology, South Africa

Errol Francke, Cape Peninsula University of Technology

Faculty of Informatics and Design, Cape Peninsula University of Technology, South Africa

Published
2021-11-25
How to Cite
Arnardu, A., & Francke, E. (2021). Kaapstad: ’n Slimstad vir sosio-ekonomiese ontwikkeling in Afrika. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 40(1), 140-148. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/843
Section
Articles