Sintese van Guerbet-tipe surfaktante en die bepaling van hulle toepassings

Synthesis of Guerbet-type surfactants and the determination of their applications

  • Ettienne H Wiese Noordwes-Universiteit
  • D P Otto Noordwes-Universiteit
  • F TI Marx Noordwes-Universiteit
  • F CM Vosloo Noordwes-Universiteit
Keywords: sintese, Guerbet-tipe surfaktante, bepaling, toepassings

Abstract

Die Suid-Afrikaanse petrochemiese industrie het sedert die 1950’s voortdurend gegroei. Hierdie volgehoue groei het tot verskeie navorsingsgeleenthede in die velde van organiese en katalitiese chemie gelei. ’n Voorbeeld van die navorsingsgeleenthede is om α-olefiene, ’n byproduk van die Fischer-Tropsch-proses, na meer bruikbare produkte om te skakel. Verskeie verbruikersgoedere naamlik smeermiddels, reinigingsmiddels, plastieke en verwante kunsstowwe asook surfaktante kan met omskakelingsreaksies gesintetiseer word. Sasol vervaardig hierdie α-olefiene jaarliks in tonnemaatskaal. Dit word hoofsaaklik by diesel gevoeg. Dus bestaan daar ’n geleentheid om die α-olefiene na hoëwaardesurfaktante om te skakel. Alhoewel medium- en langketting-olefiene reeds as surfaktantvoorlopers beskikbaar is, bestaan daar ’n leemte in die mark om kortketting-olefi ene as surfaktantvoorlopers te benut.

Author Biographies

Ettienne H Wiese, Noordwes-Universiteit

Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronverdeling, Katalise- en Sintesenavorsingsgroep, Noordwes-Universiteit, Suid Afrika

D P Otto, Noordwes-Universiteit

Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronverdeling, Katalise- en Sintesenavorsingsgroep, Noordwes-Universiteit, Suid Afrika

F TI Marx, Noordwes-Universiteit

Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronverdeling, Katalise- en Sintesenavorsingsgroep, Noordwes-Universiteit, Suid Afrika

F CM Vosloo, Noordwes-Universiteit

Navorsingsfokusarea vir Chemiese Hulpbronverdeling, Katalise- en Sintesenavorsingsgroep, Noordwes-Universiteit, Suid Afrika

Published
2021-02-23
How to Cite
Wiese, E., Otto, D., Marx, F., & Vosloo, F. (2021). Sintese van Guerbet-tipe surfaktante en die bepaling van hulle toepassings. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 141. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/838
Section
Referaatopsommings