Die manipulasie van goud(I)-interaksies deur die variasie van fosforgebaseerde ligande

The manipulation of aurophilic interactions by altering phosphorous-based ligand systems

  • Christo Van Staden Universiteit van die Vrystaat
  • H G Visser Universiteit van die Vrystaat
  • M Schutte-Smith Universiteit van die Vrystaat
Keywords: manipulasie, goud(I) interaksies, variasie, fosforgebaseerde ligande

Abstract

Die interaksie tussen twee goud(I)-metale in ’n dimeertipe metaalkompleks is ’n onderwerp wat al oor baie jare ondersoek is. Die belangstelling in die veld het verdwyn maar onlangs weer opgevlam. Die natuurlike neiging van goud(I)-komplekse is om ’n liniêre verbinding met organiese ligandsisteme en haliede te vorm. Die dimeervorming met behulp van bidentaatligande het die Au-Au-interaksie onder almal se aandag gebring. ’n Poging om die Au-Au-afstand te vergroot deur die variasie in ligandsisteme te manipuleer, het gefaal en die afstand het dieselfde gebly ten spyte van die groter steriese effek; hiermee is die interaksie tussen die Au-Au-atome bevestig.

Author Biographies

Christo Van Staden, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid Afrika

H G Visser, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat,  Suid Afrika

M Schutte-Smith, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat,  Suid Afrika

Published
2021-02-23
How to Cite
Van Staden, C., Visser, H., & Schutte-Smith, M. (2021). Die manipulasie van goud(I)-interaksies deur die variasie van fosforgebaseerde ligande. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 137. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/834
Section
Referaatopsommings