Chemiese aanpassing van ZIF-67 nanodeeltjies vir toepassing as geneesmiddeldraers

Chemical adaptation of ZIF-67 nanoparticles for application as drug carriers

  • Monica Van der Walt Universiteit van die Vrystaat
  • E H G Langner Universiteit van die Vrystaat
Keywords: chemiese aanpassing, ZIF-67 nanodeeltjies, toepassing, geneesmiddeldraers

Abstract

Metaalorganiese raamwerke (MOFs) is mikroporeuse kristallynstrukture wat uit oorgangsmetaalione bestaan wat onderling deur organiese ligande verbind is. Zeolitiese imidasolaat raamwerke (ZIFs) is MOF-materiale waarvan die oorgangsmetaalnodes onderling deur middel van imidasolaat ligande verbind is. Die topologie van die ZIF-materiale is soortgelyk aan dié van zeoliete. ZIF-materiale is oor die algemeen in ’n hoë mate termies en chemies stabiel. Die uiterste stabiliteit van ZIF-materiale in lug en vog maak hulle geskik vir toepassings in gasberging, katalise en as geneesmiddeldraers. Hierdie navorsingsprojek fokus op die biomediese toepassing van ZIF-67 na die post-sintetiese aanpassing daarvan met 2-aminobensimidasool en ferroseenkarboksielsuur.

Author Biographies

Monica Van der Walt, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid Afrika

E H G Langner, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid Afrika

Published
2021-02-23
How to Cite
Van der Walt, M., & Langner, E. (2021). Chemiese aanpassing van ZIF-67 nanodeeltjies vir toepassing as geneesmiddeldraers. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 135. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/832
Section
Referaatopsommings