Die parasiet Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) werp lig op die evolusionêre geskiedenis van sy gasheer, die platanna Xenopus laevis (Anura: Pipidae)

The parasite Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) sheds light on the evolutionary history of its host, the platanna Xenopus laevis (Anura: Pipidae)

  • Anneke Schoeman Noordwes-Universiteit
  • L H Du Preez Noordwes-Universiteit
  • M P M Vanhove Noordwes-Universiteit
Keywords: Protopolystoma xenopodis, parasiet, evolusionêre geskiedenis, Xenopus laevis

Abstract

Die wêreldwye indringerpadda, die gewone platanna Xenopus laevis (Anura: Pipidae), toon duidelike filogeografiese verskille tussen sy verskillende bevolkings in suidelike Afrika, sy natuurlike gebied. Dit het direk tot die hoë genetiese variasie in sommige van die indringerbevolkings bygedra. Nietemin is daar nog geen sekerheid oor hoe die verskillende stamme van die gewone platanna in sy natuurlike gebied met mekaar verband hou nie. Daarbenewens is die genetiese en geografi ese versperrings tussen die verskillende stamme nog nie goed gedefi nieer nie. In gevalle soos dié kan gasheer-spesifi eke parasiete hoër filogeografiese resolusie bied om die meer onlangse evolusionêre geskiedenis van die gasheer toe te lig, mits daar ’n sterk ko-evolusionêre sein tussen die gasheer en parasiet is. Hier tree die monogenëer-platwurm Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) as ’n ideale vergrootglas na vore om die proses van ontluikende spesiëring in X. laevis te bestudeer.

Author Biographies

Anneke Schoeman, Noordwes-Universiteit

Afrika-Amfibieërbewaringsnavorsingsgroep, Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -Bestuur, Noordwes-Universiteit, Suid Afrika

L H Du Preez, Noordwes-Universiteit

Afrika-Amfibieërbewaringsnavorsingsgroep, Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -Bestuur, Noordwes-Universiteit, Suid Afrika

M P M Vanhove, Noordwes-Universiteit

Afrika-Amfibieërbewaringsnavorsingsgroep, Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -Bestuur, Noordwes-Universiteit, Suid Afrika

Published
2021-02-23
How to Cite
Schoeman, A., Du Preez, L., & Vanhove, M. (2021). Die parasiet Protopolystoma xenopodis (Monogenea: Polystomatidae) werp lig op die evolusionêre geskiedenis van sy gasheer, die platanna Xenopus laevis (Anura: Pipidae). Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 130. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/828
Section
Referaatopsommings