DFT-evaluasie van bio-geïnspireerde Fe(II)-komplekse vir metaanoksidasie
DFT evaluation of bioinspired Fe(II) complexes for methane oxidation
Keywords:
DFT-evaluasie, bio-geïnspireerde Fe(II)-komplekse, metaanoksidasie
Abstract
Petrochemiese brandstowwe bly die oorheersende energiebron van die 21ste eeu. Die benutting van hierdie energiebronne veroorsaak omgewings-, sowel as volhoubaarheidsbekommernisse (Olah, 2005; Ravi et al., 2017). Verbranding van petrochemiese brandstowwe stel skadelike gasse in die atmosfeer vry. Die ontwikkeling van skoon benuttingsprosesse van petrochemiese brandstowwe is dus kardinaal. Die uitputting van steenkool- en oliebronne veroorsaak dat meer aandag op natuurlike gas gerig word (Arutyunov, 2014). Daar word verwag dat die verbruik van natuurlike gas in die volgende twee dekades sal verdubbel (Conti et al., 2016).
Published
2021-02-23
How to Cite
Lombaard, C., Adeyinka, A., & van Sittert, C. (2021). DFT-evaluasie van bio-geïnspireerde Fe(II)-komplekse vir metaanoksidasie. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I>, 39(1), 127. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/822
Issue
Section
Referaatopsommings