Invertebraatdiversiteit van twee soutpanne in die Soetdoringnatuurreservaat

Invertebrate diversity of two endorheic pans in the Soetdoring Nature Reserve

  • Aneke X Kruger Universiteit van die Vrystaat
  • C Jansen van Rensburg Universiteit van die Vrystaat
Keywords: Invertebraatdiversiteit, soutpanne, Soetdoringnatuurreservaat

Abstract

Panne is ’n algemene verskynsel in Suider-Afrika, veral in die Vrystaat waar pandigtheid besonder hoog in die Dealesville-Bultfontein gebied is. Van al die soorte waterliggame wat bekend is, word panne die minste bestudeer. Hierdie vlak waterliggame verdamp gewoonlik binne etlike weke of maande as gevolg van die hoë ariditeit van die gebiede waar hulle voorkom. Gevolglik is die biologiese aktiwiteit (groei van plante en diere) gekoppel aan nat toestande wat per geleentheid voorkom. Die invertebraatdiversiteit van hierdie panne is glad nie goed bestudeer nie en word dus ook nie goed verstaan nie. Die huidige studie is dus daarop gemik om die invertebraatdiversiteit in twee panne in die Soetdoringnatuurreservaat te bepaal, asook hoe hierdie diversiteit tussen en binne hierdie twee panne verskil.

Author Biographies

Aneke X Kruger, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

C Jansen van Rensburg, Universiteit van die Vrystaat

Departement Dierkunde en Entomologie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2021-02-23
How to Cite
Kruger, A., & Jansen van Rensburg, C. (2021). Invertebraatdiversiteit van twee soutpanne in die Soetdoringnatuurreservaat. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 124. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/819
Section
Referaatopsommings