Nuwe spesie Cosmocerca Diesing, 1861 (Nematoda: Cosmocercidae) wat parasiteer op Kassina senegalensis Dumeril en Bibron, 1841 (Amfibie: Hyperoliidae) in Potchefstroom, Suid-Afrika

New species of Cosmocerca Diesing, 1861 (Nematoda: Cosmocercidae) parasitising Kassina senegalensis Dumeril and Bibron, 1841 (Amphibia: Hyperoliidae) from Potchefstroom, South Africa

  • Florence Harnoster Noordwes-Universiteit
  • R Svitin Noordwes-Universiteit
  • L H Du Preez Noordwes-Universiteit
Keywords: nuwe spesie, Cosmocerca Diesing, Kassina senegalensis, parasiteer

Abstract

Onlangse studies het getoon dat parasiete in die algemeen teen ’n hoër hoeveelheid voorkom en ’n hoër spesierykheid as hul gasheerspesies het. Dit geld ook vir nematode wat meer as 70% van die parasietgemeenskappe uitmaak. Dit bevestig parasitisme as die mees algemene lewenstyl op aarde. In onlangse tye toon parasiete selfs hoër spesierykheid en -veelheid, hoofsaaklik as gevolg van die verspreiding van gasheerspesies, indringing en menslike aktiwiteite. Op hierdie manier word lede van die familie Cosmocercidae wat meestal op Anura (paddas) parasiteer, wêreldwyd aangetref. Daar is gevind dat nematode een van die volopste groepe parasiete is, met ’n wye verskeidenheid van gashere, insluitend varswatervisse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere. Spesies van Cosmocercidae word veral onderskei deur die verskille in die morfologie van die manlike geslagsorgane. Talle onakkurate beskrywings, herbeskrywings en sinonimisering van die opgetekende spesies saam met ’n gebrek aan molekulêre data, het tot baie onduidelikheid in die taksonomie van die groep gelei.

Author Biographies

Florence Harnoster, Noordwes-Universiteit

Afrika-Amfibieëbewaringnavorsingsgroep, Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -Bestuur, Noordwes-
Universiteit, Suid-Afrika

R Svitin, Noordwes-Universiteit

Afrika-Amfibieëbewaringnavorsingsgroep, Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -Bestuur, Noordwes-Universiteit,  Suid-Afrika, Departement van Invertebraatfauna en -Sistematiek, II Schmalhausen Instituut vir Dierkunde, Oekraïene en Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit, Suid-Afrika

L H Du Preez, Noordwes-Universiteit

Afrika-Amfibieëbewaringnavorsingsgroep, Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -Bestuur, Noordwes-Universiteit, en Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit, Suid-Afrika

Published
2021-02-19
How to Cite
Harnoster, F., Svitin, R., & Du Preez, L. (2021). Nuwe spesie Cosmocerca Diesing, 1861 (Nematoda: Cosmocercidae) wat parasiteer op Kassina senegalensis Dumeril en Bibron, 1841 (Amfibie: Hyperoliidae) in Potchefstroom, Suid-Afrika. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 120. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/815
Section
Referaatopsommings

Most read articles by the same author(s)