Vermengingstermodinamika, magnetiese eienskappe en elektroniese struktuur vir PtxNi1-x-legerings

Mixing thermodynamics, magnetic properties and electronic structure of PtxNi1-x alloys

  • Louise M Botha Noordwes-Universiteit
  • C G C E van Sittert Noordwes-Universiteit
  • M J Ungerer Noordwes-Universiteit
Keywords: vermengingstermodinamika, magnetiese eienskappe, elektroniese struktuur, PtxNi1-x-legerings

Abstract

Daar is ’n groeiende bekommernis oor klimaatverandering as gevolg van atmosferiese besoedeling, onder andere vrygestelde koolstofdioksied (CO2). Gevolglik is daar ’n groeiende belangstelling in die oorskakeling na alternatiewe energiebronne wat hernubaar, skoon en bekostigbaar is. Een moontlikheid is om die elektrolise van water te gebruik. Die grootste struikelblok in die kommersiële toepassing van die elektrolise van water is egter die tipe materiaal wat vir die anode, waar die suurstofontwikkelingsreaksie (OER) plaasvind, gebruik word. Platinumelektrodes lewer ’n oorpotensiaal van 1.23 V, wat aanleiding gee tot goeie elektrokatalitiese reaktiwiteit met betrekking tot OER. Platinum is egter skaars en onbekostigbaar. Dus is die eerste ry oorgangsmetale en legerings intensief ondersoek as alternatiewe anodemateriale vir OER (Suntivich et al., 2011). Legerings wat met behulp van die byvoeging van ’n sekondêre metaal gevorm word, verander die elektroniese struktuur van die moedermetaal (Pt). Dit lei dus tot veranderinge in die elektrokatalitiese reaktiwiteit van die moedermetaal (Suntivich et al., 2011).

Author Biographies

Louise M Botha, Noordwes-Universiteit

Laboratorium vir Toegepaste Molekuulmodellering, Navorsingsfokusarea: Chemiese Hulpbronveredeling, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

C G C E van Sittert, Noordwes-Universiteit

Laboratorium vir Toegepaste Molekuulmodellering, Navorsingsfokusarea: Chemiese Hulpbronveredeling, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

M J Ungerer, Noordwes-Universiteit

Laboratorium vir Toegepaste Molekuulmodellering, Navorsingsfokusarea: Chemiese Hulpbronveredeling, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Published
2021-02-19
How to Cite
Botha, L., van Sittert, C., & Ungerer, M. (2021). Vermengingstermodinamika, magnetiese eienskappe en elektroniese struktuur vir PtxNi1-x-legerings. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 117. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/810
Section
Referaatopsommings