Die anatomie en histochemie van Grewia lasiocarpa E. Mey. ex Harv. (Malvaceae)

The anatomy and histochemistry of Grewia lasiocarpa E. Mey. ex Harv. (Malvaceae)

  • Nneka Augustina Akwu University of KwaZulu-Natal
  • Yougasphree Naidoo Universiteit van KwaZulu-Natal
  • Moganavelli Singh Universiteit van KwaZulu-Natal
Keywords: Grewia lasiocarpa, knobbelvormige trigome, skildvormige trigome, slymerige idioblaste;, histochemie

Abstract

Grewia lasiocarpa E. Mey. ex Harv. staan in die algemeen bekend as bosrosyntjie vanweë sy eetbare, rooi-bruin, 4-lobbige vrugte, wat swart word soos hulle verouder. Die genus Grewia word maklik herken aan hul uitsonderlike morfologie (eetbare vrugte, kristalle, trigome) en oorvloedige medisinale kenmerke (antimikrobies, anti-inflammatories, anti-oksidant). Om hierdie spesie van die ander Grewia-spesies te onderskei, is met die studie beoog om die morfologie, ultrastruktuur van die blare, stingelbas en sekresie-strukture van G. lasiocarpa te beskryf aan die hand van mikroskopiese tegnieke en histochemiese toetse. Die morfologiese en anatomiese studies het die teenwoordigheid van klieragtige trigome getoon. Een tipe skildvormig, drie tipes knobbelvormig en nie-klieragtige (enkelvoudig, stervormig en veelkantig-stervormig) trigome kom op die blare en stingelbas van G. lasiocarpa voor. Die histochemiese ondersoek het getoon sekere primêre en sekondêre metaboliete soos stysel, proteïene, slym, lignien (polifenole) en alkaloïede kom in die blare, stingelbas en haarkleed voor. Hierdie is die eerste verslag oor die studie van die morfologie, ultrastruktuur en histochemie van die blare en stingelbas van Grewia lasiocarpa. Die kenmerke van die blare en stingelbas sal geskik wees om hierdie spesie van die ander in hierdie genus te onderskei, sy outentisiteit te bevestig en by te dra tot die farmakognosiese gebruike en algemene kennis.

Author Biographies

Nneka Augustina Akwu, University of KwaZulu-Natal

University of KwaZulu-Natal, Durban, South Africa

Yougasphree Naidoo, Universiteit van KwaZulu-Natal

University of KwaZulu-Natal, Durban, South Africa

Moganavelli Singh, Universiteit van KwaZulu-Natal

University of KwaZulu-Natal, Durban, South Africa

Published
2020-11-24
How to Cite
Akwu, N., Naidoo, Y., & Singh, M. (2020). Die anatomie en histochemie van Grewia lasiocarpa E. Mey. ex Harv. (Malvaceae). Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 91-107. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/793
Section
Articles