Poligame Nylkrokodille (Crocodylus niloticus) op ʼn krokodilplaas: Vrugvliese vertel die storie

Polygamous farmed Nile crocodiles (Crocodylus niloticus): Foetal membranes tell the story

  • Johan Oliviette Nöthling Universiteit van Pretoria
  • Johan Antowan Nöthling Universiteit van Pretoria
  • Jan Gabriël Myburgh Universiteit van Pretoria
  • Cindy K Harper Universiteit van Pretoria
Keywords: krokodille, eier, broeiling, vrugvliese, DNS, vaar

Abstract

Meer as een vaar in ’n krokodilbroeisel verhoog die effektiewe populasiegrootte en lei tot ’n stadiger verlies van genetiese variasie as gevolg van inteling en lukraak genetiese swerwing. Meer as een vaar kan ook die variasie met betrekking tot eienskappe wat van kommersiële belang is tussen krokodille uit dieselfde broeisel verklaar. Vrugvliese kan ’n nie-ingrypende bron van DNS verskaf waarmee die genotipe van Nylkrokodilbroeilinge (Crocodylus niloticus) bepaal kan word. Die doel van hierdie studie was om vas te stel hoe doeltreffend die genotipe van Nylkrokodilbroeilinge uit die vrugvliese wat in uitgebroeide eiers agterbly bepaal kan word en of ’n broeisel uit ’n kommunale teeldam op ’n kommersiële plaas meer as een vaar kan hê. Elf mikrosatellietloki is gebruik om die DNS-profiele van 4–6 (gemiddeld 4.4) vrugvliesmonsters (VVMe) van elk van 25 broeisels uit dieselfde teeldam op ’n kommersiële Nylkrokodilplaas te bepaal. DNS het op al 11 loki in 95 van die 110 individue vermeerder, op 1–10 loki in 13 en op geen lokus nie in twee. Drie tot 20 allele is per lokus gevind. Afsonderlike beoordeling van loki het getoon dat 13 broeisels minstens twee vaars gehad het. Met ’n multilokusprogram (Colony) is afgelei dat 19 broeisels minstens twee vaars gehad het, en dat poliandrie en poliginie algemeen was. Verdere navorsing is nodig om die nuttigheid van vrugvliese as ’n bron van DNS vir nesse uit die natuur te bepaal en om, deur meer VVMe per broeisel te gebruik, die mate van poliandrie en poliginie op Nylkrokodilplase en in die natuur meer presies te bepaal. 

Author Biographies

Johan Oliviette Nöthling, Universiteit van Pretoria

Departement Produksiedierstudies, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Johan Antowan Nöthling, Universiteit van Pretoria

Departement Fisika, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Jan Gabriël Myburgh, Universiteit van Pretoria

Eksotiese Leer Navorsingsentrum, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Cindy K Harper, Universiteit van Pretoria

Veterinêre Genetika Laboratorium, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-11-06
How to Cite
Nöthling, J., Nöthling, J., Myburgh, J., & Harper, C. (2020). Poligame Nylkrokodille (Crocodylus niloticus) op ʼn krokodilplaas: Vrugvliese vertel die storie. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 68-77. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/750
Section
Articles