Plasmategnologie: ’n Kort oorsig oor die ontstaan, teorie en ’n aantal toepassings daarvan

Plasma technology: A brief overview of the origin, theory and a number of applications thereof

  • Arnold A Jansen Universiteit van Pretoria
  • Izak J Van der Walt Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa)
  • Philippus L Crouse Universiteit van Pretoria
Keywords: Plasma, oordragboog, nie-oordragboog, vergassing, afvalvernietiging, energieproduksie

Abstract

Daar word na plasmas as die vierde toestand van materie verwys. In die natuur manifesteer plasmas as korona-ontladings, weerlig, aurora borealis en in sterre soos die son. Plasmas kan ook opgewek word met elektriese  boogontladings, radiofrekwensie-induksie, mikrogolwe, diëlektriese ontladings en lasers.

Die ontstaansgeskiedenis van mensgemaakte plasmas en meegaande elektrotegnologie sedert die middel van die 17de eeu word in hierdie oorsigartikel opgesom. Die plasmatoestand word bespreek aan die hand van ’n algemene beskrywing en die fi siese eienskappe van ’n paar algemeen-gebruikte plasmagasse word ingesluit. ’n Aantal verskillende tipes plasmas en toepassings word kortliks bespreek, met die klem op termiese plasmas.

Suid-Afrikaanse navorsing en ontwikkeling op die gebied van plasmategnologie, hoofsaaklik by Mintek, internasionaal bekend op die gebied van pirometallurgie, en Necsa, word bespreek. `n Kort oorsig van die Suid Afrikaanse pirometallurgiese bedryf word ingesluit.

Spesiale fokus word geplaas op termiese afvalprosessering en plasmagesteunde vergassing word met konvensionele prosesse vergelyk. Plasmagesteunde ver gassing vir energieproduksie word in meer besonderhede bespreek. Laastens word ’n blik gegee op die huidige internasionale plasmategnologieverskaffers.

Author Biographies

Arnold A Jansen, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Izak J Van der Walt, Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa)

Plasmategnologie-seksie, N&TO, Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), Suid-Afrika

Philippus L Crouse, Universiteit van Pretoria

Departement Chemiese Ingenieurswese, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2020-04-03
How to Cite
Jansen, A., Van der Walt, I., & Crouse, P. (2020). Plasmategnologie: ’n Kort oorsig oor die ontstaan, teorie en ’n aantal toepassings daarvan. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 39(1), 14-31. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/746
Section
Articles