Goederevervoermarksegmente wat potensieel winsgewend deur spoorvervoer bedien kan word

Freight transport market segments that can potentially be served profitably by rail transport

Keywords: Goederevervoermarksegmente, potensieel winsgewend, spoorvervoer

Abstract

Hierdie oorsigartikel bied ’n uiteensetting van goederevervoermarksegmente wat potensieel winsgewend deur spoorvervoer bedien kan word. Die werkwyse word beskryf waarvolgens die marksegmentering wat vir die studie tersaaklik is, uitgevoer is. Ten aanvang word ondersoek watter vraagvereistes goedereversenders uit ’n doeltreffendheidsoogpunt aan ’n vervoerdiens stel. Dan word die ekonomiese kenmerke van die onderskeie goederevervoermodusse ondersoek om te bepaal watter kenmerke uit ’n kostedoelmatigheidsoogpunt by die aanbod van ’n vervoerdiens bepalend is. Uit hierdie vraag-en-aanbod-oorwegings is ’n sintese van die vyf modale segmente van die goederevervoermark opgestel, naamlik lug-, pad-, spoor-, pypleiding- en skeepsvervoer. Binne die modale spoorgoederevervoermark in die besonder word ses potensieel winsgewende subsegmente geïdentifi seer. Hierdie subsegmente word bepreek aan die hand van die volgende vier kenmerke wat elkeen tipeer: (1) soort treine aangewend, (2) soort trokke benut, (3) soort eindpunte gebruik en (4) soort goedere vervoer. Die geïdentifiseerde subsegmente van die spoorgoederevervoermark is soos volg: (1) losmaatgoederevervoer, (2) grootmaatvervoer van (a) mynbouprodukte, (b) vloeistowwe en (c) graan; (3) op-enafrydienste en (4) standaard-intermodale houervervoer.

DOI: https://doi.org/10.36303/SATNT.2019.38.1.735

Author Biography

Wessel J Pienaar, Stellenbosch Universiteit

Departement Bedryfsingenieurswese, Stellenbosch Universiteit, Suid-Afrika

Published
2019-11-28
How to Cite
Pienaar, W. (2019). Goederevervoermarksegmente wat potensieel winsgewend deur spoorvervoer bedien kan word. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 38(1), 168-179. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/735
Section
Oorspronklike Navorsing