Chloro-karboniel vastetoestand-wanordebepaling in Vaska tipe komplekse

Chloro-carbonyl disorder determination in Vaska-type complexes

  • Alfred Muller Universiteit van Johannesburg
Keywords: Vaska, wanorde, X-straalstruktuur, DFT berekening

Abstract

‘n Ondersoek na die effek van gemengde feniel-sikloheksiel gesubstitueerde ariel tersiêre fosfiene op die vastetoestandwanorde van die Cl–Rh–CO-groep in Vaska-tipe komplekse trans-[M(CO)Cl(PPhnCy3-n)2], waar M = Rh(I) of Ir(I), Ph = C6H5, Cy = C6H11 en n = 1 of 2, word aangebied. Enkelkristal X-straalstrukture van 4 voorbeelde van die reeks word geraporteer en vergelyk met verwante strukture wat dikwels die wanorde van die Cl–Rh–CO-groep, wat deur kristallografiese simmetrie beheer word, openbaar. Digtheids funksionele teorie (DFT) geometrie-optimalisering en energieberekenings op konformere van hierdie komplekse dui aan dat die wanorde waarskynlik is. ‘n Onverwagte vastetoestandwanorde tussen feniel- en sikloheksielsubstituente van die fosfi ene word ook bespreek.

Author Biography

Alfred Muller, Universiteit van Johannesburg

Departement van Chemiese Wetenskappe, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Published
2019-11-11
How to Cite
Muller, A. (2019). Chloro-karboniel vastetoestand-wanordebepaling in Vaska tipe komplekse. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 38(1), 134-142. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/733
Section
Oorspronklike Navorsing