Reduksiepotensiaal van β-diketone: Die effek van elektronskenkende, aromatiese en estersubstituentgroepe

Reduction potential of β-diketones: Effect of electron donating, aromatic and ester substituent groups

Keywords: beta-diketoon, reduksiepotensiaal, eksperimentele-DFT verwantskappe, oligotiofeen

Abstract

’n Elektrochemiese en berekeningschemiese studie van geselekteerde β-diketone word aangebied. Die effek van elektronskenkende, aromatiese en estergroepe op die 1 en 3 posisie van die β-diketone op die reduksiepotensiaal van β-diketone word geïllustreer en bespreek. ’n Analise van die digtheidfunksionaalteorie-berekende (DFT-berekende) spin digtheidsprofi el en molekulêre elektrostatiese potensiaal van die gereduseerde β-diketone gee insig in die elektronverspreiding in die gereduseerde molekule. Daar is bevind dat die digtheidfunksionaalteorie-berekende (DFT-berekende) laagste ongevulde molekulêre orbitaal energieë (ELOMO) van die β-diketoon lineêr verband hou met die eksperimentele reduksiepotensiaal. Hierdie resultaat kan gebruik word om die verwagte eksperimentele reduksiepotensiaal van nuut-ontwerpte β-diketone te bepaal.

DOI: https://doi.org/10.36303/SATNT.2019.38.1.727

Author Biographies

Jeanet Conradie, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van Tromsø, Noorweë en Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Nandisiwe G S Mateyise, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Marrigje M Conradie, Universiteit van die Vrystaat

Departement Chemie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Published
2019-11-01
How to Cite
Conradie, J., Mateyise, N., & Conradie, M. (2019). Reduksiepotensiaal van β-diketone: Die effek van elektronskenkende, aromatiese en estersubstituentgroepe. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 38(1), 101-118. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/727
Section
Oorspronklike Navorsing