Suid-Afrikaanse aandelemarkontwikkeling: Die impak van globalisme en nasionalisme

South African stock market development: The impact of globalism and nationalism

  • Cobus Vermeulen Universiteit van Suid-Afrika
  • Fanie Joubert Universiteit van Suid-Afrika
  • Jannie Rossouw Universiteit van die Witwatersrand
Keywords: Suid-Afrikaanse aandelemarkontwikkeling, globalisme, nasionalisme, impak

Abstract

Hierdie navorsing ondersoek die faktore wat die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse aandelemark (die Johannesburgse Aandelebeurs, JSE) aandryf, ten einde te bepaal of JSE-ontwikkeling oorwegend deur internasionale (globale) of plaaslike (nasionale) faktore aangedryf word. Vir hierdie doel word die ARDL grenstoets (“bounds test”) gebruik as empiriese raamwerk waarbinne die rol van verskeie makro-ekonomiese veranderlikes, geklassifi seer as òf plaaslik òf internasionaal, in die ontwikkeling van die JSE – soos benader deur die markkapitalisasiekoers – ondersoek word. Die navorsingsbevinding is dat plaaslike ekonomiese groei, banksektorontwikkeling en rentekoerse, asook die wisselkoers en handelsoopheid die vernaamste langtermyndrywers van JSE-ontwikkeling is. Dus speel sowel plaaslike as internasionale faktore ’n beduidende rol in die ontwikkeling van die JSE.

DOI: https://doi.org/10.36303/SATNT.2019.38.1.722

Author Biographies

Cobus Vermeulen, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Ekonomie, Universiteit van Suid-Afrika (UNISA), Suid-Afrika

Fanie Joubert, Universiteit van Suid-Afrika

Departement Ekonomie, Universiteit van Suid-Afrika (UNISA), Suid-Afrika

Jannie Rossouw, Universiteit van die Witwatersrand

Skool vir Ekonomieseen Bestuurswetenskappe, Universiteit van die Witwatersrand, Suid-Afrika

Published
2019-08-21
How to Cite
Vermeulen, C., Joubert, F., & Rossouw, J. (2019). Suid-Afrikaanse aandelemarkontwikkeling: Die impak van globalisme en nasionalisme. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 38(1), 80-90. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/722
Section
Oorspronklike Navorsing