Warmte- en massa-oordragmodel vir ’n koffieroosterproses

Heat and mass transfer model for a coffee roasting process

  • Johandri Vosloo Noordwes-Universiteit
  • K Uren Noordwes-Universiteit
  • A F Van der Merwe Noordwes-Universiteit

Abstract

Die koffi eroosterproses is kompleks en jare se ondervinding word benodig om ’n kwaliteit koppie koffie te produseer (sowel as om dieselfde gehalte koffi e herhaaldelik te produseer). Alhoewel verskeie faktore die finale smaak van koffie kan beïnvloed, van die prosesseringsmetodes van groen boontjies tot die roostertoerusting wat gebruik word, is die roosterproses een van die belangrikste in die ontwikkeling van die geur van koffie. Onbehoorlike roosterprosesse kan die beste gehalte groen koffiebone bederf. Geen vaste reëls word gevolg om ’n spesifieke gehalte geroosterde koffie te produseer nie en roostertegnieke verskil van roosterstelsel tot roosterstelsel, en persoon tot persoon. Die doel van hierdie studie is om die koffieroosterproses te modelleer en ’n model te identifiseer wat verder vir die optimering en beheer van die roosterproses gebruik kan word. Die moontlikheid om ook die gehalte van die finale geroosterde koffie met die geïmplementeerde model te voorspel, met ander woorde die graad van rooster, is ook oorweeg.

Author Biographies

Johandri Vosloo, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Ingenieurswese, Noordwes-Universiteit

K Uren, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Ingenieurswese, Noordwes-Universiteit

A F Van der Merwe, Noordwes-Universiteit

Fakulteit Ingenieurswese, Noordwes-Universiteit

Published
2019-07-19
How to Cite
Vosloo, J., Uren, K., & Van der Merwe, A. (2019). Warmte- en massa-oordragmodel vir ’n koffieroosterproses. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 146. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/713
Section
Referaatopsommings