Aaneenlopende vloeisintese van ’n selektiewe serotonien heropname inhibeerder (SSHI), fluoksetien

Continuous flow synthesis of a selective serotonin reuptake inhibitor (SSRI), Fluoxetine

  • L T Van Wyk Universiteit van Pretoria
  • I Strydom Universiteit van Pretoria
  • Darren L Riley Universiteit van Pretoria

Abstract

Depressie is ’n algemene tog ernstige en lewensbedreigende gemoedsversteuring wat gepaard gaan met gevoelens van swaarmoedigheid, hartseer en wanhoop. Volgens die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) word 350 miljoen individue geaffekteer deur depressie, wat díe gemoedsversteuring die mees algemene siektetoestand wêreldwyd maak (WHO 2017). Fluoksetien (ProzacTM) is deur Eli Lilly en Co. in 1972 ontdek en het medisinale gebruik verkry in 1986. Fluoksetien vorm deel van die selektiewe serotonien heropname inhibeerder (SSHI) klas van antidepressante en word op gereelde basis vir behandeling van depressie voorgeskryf. Tans word die aktiewe farmaseutiese bestanddeel (AFB) as ’n rasemiese mengsel voorgeskryf, hoewel daar verskille in die bio-aktiwiteite en farmakokinetika van die twee enantiomere gevind is. Terwyl die (S)-enantiomeer doeltreffendheid as antidepressant illustreer, word die (R)-enantiomeer vir behandeling van bulimie gebruik.

Author Biographies

L T Van Wyk, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria

I Strydom, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria

Darren L Riley, Universiteit van Pretoria

Departement Chemie, Universiteit van Pretoria

Published
2019-07-18
How to Cite
Van Wyk, L., Strydom, I., & Riley, D. (2019). Aaneenlopende vloeisintese van ’n selektiewe serotonien heropname inhibeerder (SSHI), fluoksetien. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 144-145. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/712
Section
Referaatopsommings