Korrosie-eienskappe van sagte staal in hidrofluoorsuur gekontamineer met salpetersuur

Corrosion characteristics of mild steel in contaminated hydrofluoric acid

  • Ryno Van der Merwe Universiteit van die Witwatersrand
  • L A Cornish Universiteit van die Witwatersrand
  • J W Van der Merwe Universiteit van die Witwatersrand

Abstract

Tenks vervaardig van genormaliseerde sagte staal (kode SA516 Graad 70) is sedert 1993 vir die stoor en verspreiding van tegniese graad hidrofl uoorsuur (70% HF), in gebruik by die HF-aanleg op die Necsa-terrein. HF word kommersieel vervaardig deur die reaksie van kalsiumfl uoried met swaelsuur in ’n roterende buis-oond (CaF2 + H2SO4 → CaSO4 + HF). Blootstelling van sagte staal aan die HF-produk word geassosieer met ’n chemiese reaksie van die suur met die staal (2H+ + 2F- + Fe → H2 + FeF2), waardeur ’n skaallaag aan die binnekant van die tenk vorm. Die uniforme korrosielaag isoleer die rou staal van die HF-vloeistofi nhoud om sodoende korrosie te beperk. Deur middel van die beskermende skaallaag, is die korrosietempo van sagte staaltoerusting in gebruik op die HF-aanleg tipies ~0.5 mm/j.

Author Biographies

Ryno Van der Merwe, Universiteit van die Witwatersrand

Skool vir Chemiese en Metallurgiese Ingenieurswese, Universiteit van die Witwatersrand

L A Cornish, Universiteit van die Witwatersrand

Skool vir Chemiese en Metallurgiese Ingenieurswese, Universiteit van die Witwatersrand

J W Van der Merwe, Universiteit van die Witwatersrand

Skool vir Chemiese en Metallurgiese Ingenieurswese, Universiteit van die Witwatersrand

Published
2019-07-18
How to Cite
Van der Merwe, R., Cornish, L., & Van der Merwe, J. (2019). Korrosie-eienskappe van sagte staal in hidrofluoorsuur gekontamineer met salpetersuur. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 37(1), 142. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/710
Section
Referaatopsommings