’n Algemene oorsig van die makroinvertebraatdiversiteit van die Maricorivier, Noordwes Provinsie, Suid-Afrika

A general overview of the macro-invertebrate diversity in the Marico River, North-West Province, South Africa

  • Mathilde Kemp Noordwes-Universiteit
  • Victor Wepener Noordwes-Universiteit
  • Cornelius T Wolmarans Noordwes-Universiteit
Keywords: Biodiversiteit, akwatiese makro-invertebrate, Maricorivier, waterkwaliteit

Abstract

Die Maricorivier, in die Noordwes Provinsie van Suid Afrika, is in terme van bewaring as ’n prioriteitsgebied verklaar. Die doel van hierdie ondersoek was om die makroinvertebraatdiversiteit van die Maricorivier te bepaal, te dokumenteer en te publiseer. Makroinvertebrate is tydens vyf opnames by ses lokaliteite in die rivier met die gepaste nette en tegnieke versamel, terwyl geselekteerde waterkwaliteitsparameters telkens in-situ gemeet is. ’n Totale diversiteit van 172 taksa (20 ordes en 81 families), verteenwoordig deur 12540 organismes, is tydens die ondersoek gevind. Die meeste van die families wat bekend is daarvoor dat hulle ’n voorkeur vir water van hoë kwaliteit vertoon, is gevind. Waardes vir temperatuur, pH, EG, vloeisnelheid en turbiditeit was deurentyd binne die toleransiereekse vir akwatiese makro-invertebrate. Uit die resultate kan daar afgelei word dat die rivier oorwegend oor ’n hoë taksa-rykheid en diversiteit beskik en dat die taksa eweredig versprei is, wat op ’n gesonde ekostelsel dui. Die teenwoordigheid van verskeie hoogs sensitiewe taksa ondersteun hierdie stelling.

DOI: https://doi.org/10.36303/SATNT.2019.38.1.690

Author Biographies

Mathilde Kemp, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom Kampus), Suid-Afrika

Victor Wepener, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom Kampus), Suid-Afrika

Cornelius T Wolmarans, Noordwes-Universiteit

Skool vir Biologiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom Kampus), Suid-Afrika

Published
2019-06-26
How to Cite
Kemp, M., Wepener, V., & Wolmarans, C. (2019). ’n Algemene oorsig van die makroinvertebraatdiversiteit van die Maricorivier, Noordwes Provinsie, Suid-Afrika. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 38(1), 60-70. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/690
Section
Oorspronklike Navorsing