’n Model om Nylkrokodileiers se volumes mee te skat nadat hulle uitgebroei het

A model by which to estimate the volume of Nile crocodile eggs after they have hatched

  • Johan O Nöthling Universiteit van Pretoria
  • Johan A Nöthling Universiteit van Pretoria
  • Jan G Myburgh Universiteit van Pretoria
Keywords: Nylkrokodil, krokodil, eier, volume

Abstract

Die waarde van hul leer stimuleer kommersiële boerdery met verskeie spesies van die Crocodilia. Oorlewings- en groeivermoë van krokodilbroeilinge hou verband met hul geboortemassa. Daar bestaan ’n positiewe verband tussen broeilinggrootte en eiergrootte van verskeie spesies van die Crocodilia. Krokodileiers se grootte word dikwels nie gemeet voordat hulle uitbroei nie. Die doel van hierdie studie was om ’n model te skep waarmee die volume van individuele Nylkrokodileiers geskat kan word nadat hulle uitgebroei het en die dop gebreek is, sodat die verband tussen eiervolume en broeilingmassa op ’n individuele basis bestudeer kan word sonder dat die grootte van eiers gemeet is voordat hulle uitbroei.

Onvrugbare eiers is in sy-aansig gefotografeer, met een pool na onder en die ander na bo en ’n skaal op die vlak van fokus. Hul volume is met waterverplasing gemeet (verplasingsvolume). ’n Rekenaarprogram wat vir die doel geskryf is, is gebruik om die fotobeelde te meet. Die program het die eierbeeld regop gedraai en die posisie van die poolas bepaal sonder om die boonste pool se posisie in ag te neem. Die lengte van verskeie  dwarsdeursnitte (loodreg op die poolas) is gemeet, en die volume van die eier bereken deur die funksie wat die horison van die eier op die poolas beskryf te integreer (berekende volume). Die beste modelle is bepaal om die berekende volume te skat deur gebruik te maak van inligting beperk tot verskillende afstande van die onderste pool in die rigting van die boonste te gebruik, en vir eiers met verskillende polariteit. Die modelle is daarna gebruik om die volumes van 138 eiers waarvan 15%, 20%, 25% en 30% van elke eierbeeld, van die boonste pool in die rigting van die onderste, gemaskeer is.

Deur analise van die gemaskeerde fotobeelde kan die volume van eiers met volumes van 60 ml tot 135 ml met 95% vertroue binne 4.57 ml van die werklike voorspel word. Hierdie studie skep die moontlikheid om die volume van uitgebroeide Nylkrokodileiers te skat. Variasie in Nylkrokodille se geboortemassa van groter as 7.72% kan met 95% vertroue geïdentifi seer word vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 60 ml, terwyl die presisie verbeter tot ’n variasie groter as 3.40% vir broeilinge uit eiers met ’n geskatte volume van 135 ml.

DOI: https://doi.org/10.36303/SATNT.2019.38.1.680

Author Biographies

Johan O Nöthling, Universiteit van Pretoria

Departement Produksiedierstudies, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Johan A Nöthling, Universiteit van Pretoria

Departement Fisika, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Jan G Myburgh, Universiteit van Pretoria

Eksotiese Leer Navorsingsentrum, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika

Published
2019-04-11
How to Cite
Nöthling, J., Nöthling, J., & Myburgh, J. (2019). ’n Model om Nylkrokodileiers se volumes mee te skat nadat hulle uitgebroei het. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 38(1), 14-25. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/680
Section
Oorspronklike Navorsing