Beskrywing, modellering en dok-studies van <i>Plasmodium falciparum</i> kinase <i>Pf</i>CDPK4

Characterization, modelling and docking studies of Plasmodium falciparum kinase

  • Thomas Makungo Universiteit van Venda
  • Tsepo Tsekoa Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad
  • Anjo Theron Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad
  • Dalu Mancama Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad
  • Teunis van Ree Universiteit van Venda
Keywords: Plasmodium falciparum, PfCDPK4

Abstract

Met die toenemende voorkoms van weerstandige Plasmodium stamme het die beheer van malaria-voorkoms en -mortaliteit weer op die voorgrond getree. Nuwe teikens en antimalariamiddels wat effektief is teen weerstandige malaria-parasiete word dus dringend benodig. Kalsium-afhanklike proteïenkinases (calcium dependent protein kinases – CDPKs) is betrokke by die beheer van ’n aantal biologiese prosesse in die malaria-parasiet, Plasmodium falciparum, met CDPK4 die belangrikste ensiem in hierdie klas. In hierdie studie is die struktuur van PfCDPK4 gebruik as templaat vir die soeke na nuwe malariamiddels. Die PfCDPK4 modelstruktuur is deur middel van homologiemodellering gegenereer en die stereochemiese kwaliteit gevalideer. Die molekulêre modelleringbenadering deur middel van in silico sifting teen die teiken-molekuul PfCDPK4 het ’n beskeie biblioteek van 20 000 chemiese verbindings ingesluit, asook ’n aantal aktiewe natuurprodukte en kliniesgoedgekeurde kinase-inhibeerders. In silico sifting van die Biofocus biblioteek teen PfCDPK4 het 26 verbindings opgelewer; in vitro sifting het bevestig dat drie van hierdie verbindings matig aktief is teen Plasmodium falciparum NF54, met persentasie inhibisie tussen 42% en 47%. 

DOI: https://doi.org/10.36303/SATNT.2019.38.1.677

Author Biographies

Thomas Makungo, Universiteit van Venda

Departement Chemie, Universiteit van Venda, Suid-Afrika

Tsepo Tsekoa, Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad

 Departement Biowetenskappe, Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad, Suid-Afrika

Anjo Theron, Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad

Departement Biowetenskappe, Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad, Suid-Afrika

Dalu Mancama, Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad

Departement Biowetenskappe, Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad, Suid-Afrika

Teunis van Ree, Universiteit van Venda

Departement Chemie, Universiteit van Venda, Suid-Afrika

Published
2019-04-11
How to Cite
Makungo, T., Tsekoa, T., Theron, A., Mancama, D., & van Ree, T. (2019). Beskrywing, modellering en dok-studies van <i>Plasmodium falciparum</i> kinase <i>Pf</i>CDPK4. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 38(1), 26-40. Retrieved from http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/677
Section
Oorspronklike Navorsing