Karakteristieke van langtermyn saamgestelde variasie van die kruidstratum in ‘n semi-ariede Afrika savanna: reënval, grondtipe en plantspesies funksionele groepe

  • Hugo Bezuidenhout Sanparks
  • J Botha Sanparks
  • T Ramaswiela South African Environmental Observation Network
  • T O'Connor South African Environmental Observation Network
Keywords: Plantegroei monitering, statistiese ontleding, lang termyn datastel, semi-ariede gebiede, kruidstratum

Abstract

Die bestuur van weidingsbronne in semi-ariede savanna is afhanklik van beskikbare water, wat weer op sy beurt afhanklik is van reënval, grondtipe en houtagtige biomassa. Beweiding en vuur kan bydraende faktore wees wat die bestuur beinvloed. Om die effek van reënval veranderlikheid op plantegroei te verstaan is langtermyn studies nodig, ten minste ’n 18 jaar “quasi” reënvalsiklus. Die gebrek aan langtermyn data veroorsaak dat baie min van hierdie tipe studies gepubliseer word. Die monitering van die kruidstratum en houtagtige plantegroei op diep (>0.6m), goed gedreineerde sanderige grond, matige diep (0.3-0.6m) goed gedreineerde sande en swak gedreineerde klei-gronde en dan vlak (<0.3m) klipperige matige gedreineerde sandleemgrond in die gedeproklameerde Vaalbos Nasionale Park, Suid Afrika, is van 1993 tot 2015 gedoen. Hoewel houtagtige digtheid en struktuur opvallend verskillend is oor die verskillende grondtipes, kon daar geen statisties-verantwoordbare tendense oor die tydperk in die park of in ’n spesifieke grondtipe waargeneem word nie. Daar is ook geen betekenisvolle veranderinge in die aantal houtagtige plantspesies of die frekwensie daarvan oor die studietydperk waargeneem nie. Die verskillende funksionele plantegroeigroepe het verskillend teenoor reënval of grondwaterhouvermoë gereageer. Smaaklike en onsmaaklike meerjarige grasspesies het beide op huidige en vorige reënvalhoeveelhede op verskillende maniere gereageer. Die afname van smaaklike meerjarige grasse met toename in reënval word gedeeltelik verklaar deurdat die relatiewe waardes teenoor die absolute waardes gebruik is. In die natter reënvaljare het die eenjarige grasse se toename daartoe gelei dat teenwoordigheid tussen die meerjarige grasse en die punt van versameling voorgekom het. Gevolglik is baie meer van die eenjariges aangeteken. Dit terwyl die meerjarige grasse wel nog teenwoordig in die persele was. Dit maak die gevolgtrekking oor wat met die meerjarige grasse gebeur het in absolute terme baie moeilik. Die tekorte aan personeel, tyd en begroting het ongelukkig ’n groot impak op die manier van monitering. Dit is heel moontlik die rede waarom so min moniteringsdatastelle bestaan en nog minder gepubliseer word.

Author Biographies

Hugo Bezuidenhout, Sanparks

South African National Parks, Scientific Services, Kimberley Office; and Applied Behavioural Ecology and Ecosystem Research Unit, UNISA

J Botha, Sanparks

South African National Parks, Skukuza

T Ramaswiela, South African Environmental Observation Network

South African Environmental Observation Network, Arid Lands Node, Kimberley

T O'Connor, South African Environmental Observation Network

South African Environmental Observation Network

Published
2018-10-15
Section
Articles