Kennis van klimaatsveranderlikheid is veral belangrik vir volhoubare ekonomiese groei in tye van toenemende druk op die aarde se beperkte hulpbronne. Onlangse verbeteringe in die globale klimaatwaarnemingstelsel deur middel van toenemende oseaandata, verbeterde satelliettegnologie en vooruitgang in klimaatmodelle speel ’n groot rol in die teenwerking van die toenemende druk. Institusionele stelsels word ook ontwikkel om hierdie vooruitgang in die ondersteuning van volhoubare ontwikkeling te benut, deur middel van die vermindering van risiko wat verband hou met uiterste klimaatgebeure. Klimaatinligting word nou direk aangewend in baie ontwikkelende lande tot ’n wye reeks aktiwiteite, insluitende landboupraktyke, hulpbronbestuur, ekonomiese beplanning, internasionale betrekkinge, hidrologie en gesondheid (Jury
Suider-Afrika is hoofsaaklik ’n semidroë streek met ’n algemeen hoë interjaarlikse reënvalwisselvalligheid en seisoenale siklus, wat ’n hoë veranderlike hidrologiese reaksie beide in tyd en ruimte tot gevolg het (Warburton
Die geprojekteerde impak van sekere modelle en studies van klimaatsverandering dui op ’n afname in potensiële oeste in die meeste subtropiese en tropiese streke, afname in watervariasie in die subtropiese streke en toenames in droogtes en ander uiterste gebeure. Dus is dit belangrik om enige statisties relevante tendense in temperatuur, reënval, droogtefrekwensies of stroomvloei te bepaal sodat beplanning kan plaasvind om strategieë te ontwikkel en te implementeer wat kan help om risiko’s te verminder (O’Brien & Vogel
Klimaatveranderlikheid en langtermynverandering bied dus ernstige uitdagings vir Suider-Afrika. Hierdie uitdagings word as genoeg rede beskou om klimaatveranderlikheid te bestudeer, deur te fokus op rëenvalpatrone, asook die patroon van oppervlaktemperature oor Suider-Afrika.
Suid-Afrika, saam met Swaziland en Lesotho, is deur die Departement van Waterwese en Bosbou (DWWB) in ’n hiërargiese stelsel van opvanggebiede afgebaken. Die primêre opvanggebiede dek al die groot riviere in die streek en word op hulle beurt onderverdeel in sekondêre, dan tersiêre opvangsgebiede en uiteindelik, op die vierde vlak, kwaternêre opvangsgebiede (Schulze et al.