About the Author(s)


Tiani Moolman Email
Department of Geography and Environmental Studies, Stellenbosch University, South Africa

Sanette L.A. Ferreira symbol
Department of Geography and Environmental Studies, Stellenbosch University, South Africa

Citation


Moolman, T. & Ferreira, S.L.A., 2017, ‘Die redeneervermoë van sekondêreskool-leerlinge rakende die omgewing: ’n Gevallestudie van Okahandja, Namibië’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 36(1), a1463. https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1463

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27–28 October 2016, North-West University, South Africa. Organising committee: Mr Rudi Pretorius (Department of Geography, University of South Africa); Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]); Dr Andrew Swarts (School of Physical and Chemical Sciences, North-West University).

Referaatopsomming

Die redeneervermoë van sekondêreskool-leerlinge rakende die omgewing: ’n Gevallestudie van Okahandja, Namibië

Tiani Moolman, Sanette L.A. Ferreira

Copyright: © 2017. The Author(s). Licensee: AOSIS.
This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract

Environmental reasoning of secondary-level schoolchildren: Case study of Okahandja, Namibia. Littering and the burning of household waste are threatening the local cultural and nature-based tourism industry, as well as the aesthetic beauty of Okahandja. This study aims to explore the environmental reasoning of secondary-level schoolchildren in Okahandja and to establish the main determinants of their environmental knowledge, attitudes and behaviour.

Okahandja staan as een van die ‘vuilste dorpe’ in Namibië bekend. Die ligging van die dorp maak dit ’n belangrike nodus wat dien as ’n poort na die ontspanning- en toerismeperiferie in Namibië. Maar omgewingskwessies soos rommelstrooiing en die verbranding van huishoudelike afval bedreig die plaaslike toerismebedryf en estetiese skoonheid van die dorp, wat gegrondves is op sy kultuur en die natuurskoon. Hierdie vorme van besoedeling hou gesondheidsrisiko’s in vir inwoners van die gebied, vir diegene wat rondbeweeg op Okahandja en die direkte omgewing, vir diere wat wei en ook vir die natuurlike omgewing.

Die navorsingsdoelwitte van die studie was: (1) om die literatuur oor pro-omgewingsgedrag (POG), die wêreldbeskouing oor die omgewing, besorgdheid oor die omgewing en verbondenheid aan ’n plek te bestudeer, asook die konsepte en modelle verwant daaraan te verstaan; (2) om deur die gemeenskappe te stap (of hulle te deurkruis) ten einde ’n kontekstuele begrip te verkry; (3) om sekondêre skoolleerlinge van J.G. van der Wath Sekondêre Skool te ondervra oor hul kennis van en besorgdheid oor die omgewing en vas te stel hoe dit hul redenering oor die omgewing beïnvloed; (4) om die invloed te ondersoek wat (im)mobiliteit (beperkte toegang tot vervoer) en gehegtheid aan Okahandja as plek op die skoolleerlinge se omgewingbeskouing en -persepsies het; (5) te ontdek hoe die kinders hul plaaslike omgewing sien en hoe hulle wil hê die omgewing waarin hul leef, moet verander; en (6) om vas te stel of kinders van hierdie verskeidenheid etniese groepe verskillend redeneer oor die omgewing en of hierdie onderskeid hul interaksie met hul omgewing beïnvloed.

Die studie maak van verskillende metodes gebruik. ’n Vraelysopname het sekere inligting aan die lig gebring, dit is aangevul deur waarnemings tydens staptogte waarop die studiegebied deurkruis is, fokusgroepbesprekings en deelnemende tekenoefeninge. Inligting is opgeteken en geanaliseer deur middel van STATISTICA, Excel en ArcGIS. Die bevindings toon dat die kinders bewus en relatief goed ingelig is oor die belangrikheid van ’n skoon en beskermde omgewing. Hulle is heeltemal in staat om die belangrikheid van Okahandja binne die Namibiese landskap te identifiseer. Deelnemers, veral vroulike deelnemers, is besorg oor die beskerming van die natuurlike omgewing. Respondente het groter klem geplaas op omgewingsprobleme wat opvallend en esteties onaangenaam is soos rommelstrooiing, eerder as ander omgewingskwessies soos die afkap van bome en die verbranding van huishoudelike afval. Deelnemers het slegs ’n redelike sin van gehegtheid aan Okahandja wat veroorsaak dat hulle ’n swak sin van verantwoordelikheid en begeerte het om in die belang van die omgewing op te tree. Alhoewel samehorigheid en maatskaplike bande sterk is binne die gemeenskappe, is wantroue en gebrekkige kommunikasie tussen inwoners en plaaslike owerhede geïdentifiseer as die hoofstruikelblokke van POG. Ontevredenheid met strukturele geleenthede is geopenbaar deur ’n gebrek aan besorgdheid en samewerking wat lei tot hoë vlakke van omgewingsdegradasie in en rondom Okahandja. Dit lyk of die kinders ’n ‘gebalanseerde’ wêreldbeskouing van die omgewing het, want hulle glo dat die natuurlike omgewing beskerm moet word, maar tog gebruik moet word om menselewens te onderhou. Die belangrikheid van positiewe rolmodelle soos ouers en onderwysers het uitgestaan. Daar word aanbeveel dat omgewingsopvoeding en -bewustheid op drie vlakke, naamlik ouer-, skool- en gemeenskapsvlak geïmplementeer moet word.

Refbacks

  • There are currently no refbacks.