Herbesin oor die opleiding van natuurwetenskaponderwysers in Suid-Afrika: Lesse uit Finland

  • Josef de Beer Science and Technology Education, Faculty of Education, University of Johannesburg
  • Piet Ankiewicz Science and Technology Education, Faculty of Education, University of Johannesburg
Keywords: Onderwyseropleiding, natuurwetenskaponderwys, kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie, Finse onderwys, Aard van Natuurwetenskappe

Abstract

Finland word dikwels gesien as die ‘goudstandaard‘ in natuurwetenskaponderwys, danksy die land se uitmuntende prestasie in internasionale toetse soos die program vir internasionale studentassessering (PISA) en tendense in internasionale wiskunde- en natuurwetenskapstudie (TIMSS). Daarteenoor laat Suid-Afrika se prestasie in TIMSS veel te wense oor. Volgens die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) se wêreldwye mededingendheidsverslag (2010–2011), is Suid-Afrika 137ste op die ranglys van 139 lande wat betref die gehalte van wiskunde- en natuurwetenskaponderwys. Die skrywers van hierdie artikel beskou die gehalte van natuurwetenskaponderwysers as die sleutel om hierdie probleem die hoof te bied. Ons dink na oor Finland as die ‘superoutoriteit’ in natuurwetenskaponderwys en oor lesse wat Suid-Afrika kan leer omtrent die verskaffing van beter voordiensopleiding vir studente wat hulle as natuurwetenskaponderwysers wil bekwaam. In hierdie artikel verbind ons ontluikende temas wat uit kwalitatiewe navorsingsdata na vore gekom het met aanbevelings oor hoe voordiensopleiding vir voornemende onderwysers verbeter kan word, gebaseer op die beste gebruike in Finland. Ons gebruik onderhoude met Finse onderwysers en onderwysdosente, skoolwaarneming in beide lande, artefakte soos die refleksies van Suid-Afrikaanse onderwysstudente oor hulle ondervindings in skole, en onderwysers se reaksies op die Sienings van die Aard van Natuurwetenskappe (Views of the Nature of Science)-vraelys. Die derdegenerasie–kultuurhistoriese aktiwiteitsteorie (KHAT) word gebruik as ’n navorsingslens om ‘spanning/onderstrominge’ in natuurwetenskaponderwys in Suid-Afrika te beklemtoon, en ons dui aan hoe hierdie aspekte by die opleiding van onderwysers verreken kan word.

Author Biography

Piet Ankiewicz, Science and Technology Education, Faculty of Education, University of Johannesburg
Science and Technology Education, Faculty of Education
Published
2017-12-07
How to Cite
de Beer, J., & Ankiewicz, P. (2017). Herbesin oor die opleiding van natuurwetenskaponderwysers in Suid-Afrika: Lesse uit Finland. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 36(1), 9 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1474
Section
Oorspronklike Navorsing