�n Vergelyking tussen die kardiostres-indekse van �n aktiewe en �n sedent�re populasie

  • Peet Du Toit
  • Paola Wood
  • Catherina C. Grant
  • Evangeline Nortje
  • Michael Kleynhans
  • Lizelle Fletcher
  • Pieter E. Kr�ger
  • Annie M. Joubert
  • Justin J. Kennedy
  • Ron�l Ferreira
  • Abert van Schoor
  • Fourie Joubert
  • Gerda Gericke

Abstract

Die moderne leefwyse bring dikwels mee dat ons die belangrikheid van liggaamlike oefening uit die oog verloor. Ons toenemend passiewe leefwyse het gelei tot �n aansienlike toename in die oorkoms van lewenstylsiektes soos hipertensie en verskeie vorme van vaskul�re patologie. In hierdie studie word die kardiostres-indekse (KSI�e) van aktiewe en sedent�re individue met mekaar vergelyk ten einde insig te verkry in die uitwerking van die aansienlike veranderinge wat in die gemoderniseerde samelewing plaasgevind het. Die aktiewe populasie het bestaan uit 217 weermagrekrute wat reeds 20 weke van hul basiese weermagopleiding voltooi het. Die (n = 126) lede van die sedent�re populasie is gewerf uit �n tradisionele tersi�re onderwysinstansie. Die deelnemers uit beide populasies moes drie toetssessies bywoon wat gedurende week 1, week 12 en week 20 gehou is. Hulle het �n nie-ingrypende ViportTM toets ondergaan om hul KSI, harttempo en QRS-duur te bepaal. Die resultate het getoon dat alhoewel die basislyn vir KSI, bloeddruk en harttempo aanvanklik ho�r was onder die aktiewe populasie, die aanvang van die liggaamsoefeningprogram ten opsigte van hierdie drie faktore �n geleidelike afname en dus �n verandering in die rigting, en uiteindelik gesonder marges tot gevolg gehad het. Die KSI het egter nie die normale reikwydte ten opsigte van een van die twee groepe bereik nie, wat daarop gedui het dat alhoewel liggaamlike aktiwiteit fisiologiese stresvlakke verminder, ander sleutelfaktore, te wete leefwyse en stresvlakke, ook in ag geneem moet word. Die studie onderskryf die idee dat �n toename in liggaamlike aktiwiteit die potensiaal het om �n individu se vatbaarheid vir kardiovaskul�re siektes te verminder. Die studie ondersoek ook die uitwerking van oefening op die hart deur die gebruik van KSI as �n meetinstrument.
Published
2013-12-02
How to Cite
Du Toit, P., Wood, P., Grant, C., Nortje, E., Kleynhans, M., Fletcher, L., Kr�gerP., Joubert, A., Kennedy, J., Ferreira, R., van Schoor, A., Joubert, F., & Gericke, G. (2013). �n Vergelyking tussen die kardiostres-indekse van �n aktiewe en �n sedent�re populasie. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 32(1), 7 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v32i1.769
Section
Original Research: Food

Most read articles by the same author(s)

1 2 > >>