Infection in the Graeco-Roman era with the emphasis on epidemic ilness.

  • Louise Cilliers
  • Francois P. Retief
Keywords: infeksiemeganisme, miasmata, humore-teorie, "sade van siekte", kontakbesmetting

Abstract

In hierdie artikel word die sienings van die antieke Grieke en Romeine oor die etiologie van aansteeklike siektes bespreek. Dit blyk dat hierdie sienings in verskeie opsigte verbasend korrek is. Hippokrates het byvoorbeeld geglo dat �n wanbalans in die humore siekte voorafgegaan het, terwyl ons vandag weet dat �n ondervoede liggaam �n pasi�nt vatbaar maak vir epidemiese siektes. Verdere fyn waarnemings is opgeteken tydens die pes wat die Atheners in die 5de eeu voor Christus geteister het, toe daar opgemerk is dat die siekte (waarskynlik pokkies) versprei is deur nabye kontak met pasi�nte en dat dieselfde persoon die siekte nooit �n tweede keer opgedoen het nie. Dit was die eerste beskrywing van verworwe immuniteit in die Westerse geskiedenis. Verder was die antieke Grieke en Romeine se teorie� oor miasmata en �sade van siekte� in die lug die voorlopers van wat hedendaags ge�dentifiseer is as die patologiese mikro-organismes wat siekte veroorsaak. Weinig vooruitgang in die studie van die etiologie van aansteeklike siektes is sedert die Grieks-Romeinse tyd gemaak; trouens, in die 19de eeu is daar nog in London geglo dat infeksie die gevolg is van �slegte lug�. Die probleem is eventueel opgelos toe Robert Koch in die 19de eeu met behulp van �n mikroskoop die patogeniese organismes ontdek het wat aansteeklike siekte veroorsaak. In baie opsigte het die wetenskaplike ontdekkings gedurende die laaste twee eeue slegs die waarnemings van die antieke Grieke en Romeine wat meer as 2000 jaar gelede gemaak is, bevestig.

Author Biographies

Louise Cilliers
Louise Cilliers het haar kwalifikasies behaal aan die Universiteit van Leiden (Drs Litt et Phil) en Johannesburg (D Litt et Phil). Sy was vir 12 jaar hoof van die Dept. Latyn, en daarna vir 5 jaar van Klassieke Tale aan die Universiteit van die Vrystaat; tans is sy navorsingsgenoot daar. Sy is die outeur van talle nasionale en internasionale vaktydskrifartikels, en was vir 5 jaar redakteur van die vaktydskrif Acta Classica. In 1992 is die SA Akademieprys vir Vertaalde werk aan haar en E.L. de Kock toegeken, en in 2006 word die Stalsprys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aan haar en F.P. Retief toegeken vir Multi- en Interdissiplin�re Spanwerk.
Francois P. Retief
Fran�ois Pieter Retief se formele kwalifikasies bestaan uit 'n MB ChB (Universiteit van Kaapstad), 'n Oxford D.Phil as Rhodes student, Stellenbosch MD en FRCP (Edinburgh). In 1969 word hy stigtersdekaan van die nuwe Vrystaatse Geneeskunde fakulteit, en in 1979 die eerste rektor van Medunsa, in 1983 Geneesheergeneraal van die Nasionale Departement Gesondheid en Bevolkingsontwikkeliong, en daarna rektor van die Vrystaatse Universiteit (1989-1997). Na aftrede doen die geleentheid hom voor om 'n lewenslange belangstelling in die siektes van antieke geneeskunde uit te bou in 'n produktiewe navorsingsprojek, waarvoor hy, gesmanetlik met prof. Louise Cilliers in 2006 deur die SA Akademie bekroon word met die Stalsprys vir Multi- en Interdissiplin�re Spanwerk.
Published
2013-06-26
How to Cite
Cilliers, L., & Retief, F. (2013). Infection in the Graeco-Roman era with the emphasis on epidemic ilness. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 32(1), 4 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v32i1.331
Section
Oorspronklike Navorsing