Long-term changes in the algal composition of the Vaal River, South Africa � did the Lesotho Highlands Water Project play a role?

  • Sanet Janse van Vuuren
  • Annelie Swanepoel
  • Germarie van Zyl
Keywords: alge, sianobakterie�, tussen-vallei-oordrag, Katsedam, waterkwaliteit

Abstract

Die Vaalrivier is, met verloop van tyd, tot so �n mate verryk deur voedingstowwe dat algopbloeie tans probleme skep. �n Unieke geleentheid om te bepaal of daar veranderinge in die waterchemie en algsamestelling in die Vaalrivier voorgekom het, het hom voorgedoen nadat oligomesotrofe Katsedamwater (Lesotho) ingevoer is om in die toenemende wateraanvraag in die Vaalrivieropvangsgebied te voorsien. Die konsentrasie en samestelling van alge in die Vaalrivier is tydens die periodes tussen 1992 en 1994, tussen 1998 en 2000, asook 2004 en 2006 vergelyk met di� in die Katsedam tussen 1998 en 2006. Sekere algspesies, wat aanvanklik afwesig was in die Vaalrivier, het n� die oordrag van Lesothowater voorgekom. �n Gemengde algpopulasie wat in die Vaalrivier gevind is voordat Katsedamwater oorgedra is, het n� die oordrag geleidelik verander na �n populasie wat gedomineer is deur sianobakterie�. Die totale algkonsentrasie in die Vaalrivierbarrage het verdubbel van die periode tussen 1992 en 1994 tot di� tussen 2004 en 2006 wat aandui dat die oordrag van helder, oligomesotrofe Katsedamwater die eutrofe Vaalrivierwater nie genoegsaam verdun het om die algkonsentrasie te laat afneem nie. Resultate toon aan dat stroomaf-besoedeling en eutrofikasie in die Vaalriviersisteem die verdunningseffek van Katsedamwater uitgeskakel het. Dit het tot veranderinge in die algsamestelling en -konsentrasie, kenmerkend van toenemende eutrofikasie, in die Vaalrivier gelei.

Author Biography

Sanet Janse van Vuuren
Unit for Environmental�Sciences and Management
Published
2013-03-14
How to Cite
Janse van Vuuren, S., Swanepoel, A., & van Zyl, G. (2013). Long-term changes in the algal composition of the Vaal River, South Africa � did the Lesotho Highlands Water Project play a role?. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 32(1), 10 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v32i1.335
Section
Oorspronklike Navorsing