Sosiaalaanspreeklike etnobotaniese opnames in die Kaapse flora: Etiese beginsels, metodologie en kwantifisering van data

  • Ben-Erik Van Wyk
  • Josef J. de Beer
Keywords: ethnobotany, Khoi and San cultures, medicinal plants, methodology, ethics

Abstract

�n Bre� oorsig van gepubliseerde en ongepubliseerde etnobotaniese opnames in die Kaapse Floristiese Streek (tradisionele woongebied van die San en Khoi gemeenskappe) toon dat die beskikbare data oor inheemse plante en hul gebruike onvolledig is. Daar bestaan �n dringende behoefte om hierdie ryke skatkis inheemse kennis op �n sistematiese en sosiaalaanspreeklike wyse vir die nageslag te boekstaaf. Verbeterde metodes vir die kwantifisering van data word voorgestel met spesifieke verwysing na die eenvoud en voordele van die nuwe Matriksmetode [Matrix Method] wat onlangs gekonseptualiseer en ge�mplimenteer is. Hierdie metode kan vals-negatiewe rekords verminder of verhoed, verseker deelname van bejaardes met beperkte beweeglikheid en maak dit moontlik om tradisionele plantgebruikpatrone in plaaslike gemeenskappe met mekaar te vergelyk. Die metode stel die navorser in staat om die kennisvlak, wat behoue gebly het, te kwantifiseer en die relatiewe belangrikheid van verskillende plantsoorte meer objektief te bepaal. Etiese oorwegings, wat op etnobotaniese opnames betrekking het, word kortliks in die lig van hedendaagse etiese kodes en internasionale konvensies bespreek. Daar word ook aangetoon hoe hierdie toeganklike benadering in die lewenswetenskappe-klaskamer gebruik kan word.

Author Biographies

Ben-Erik Van Wyk
Department of Botany and Plant Biotechnology
Josef J. de Beer
Senior lecturer Department of Science and Technology Education
Published
2012-11-23
How to Cite
Van Wyk, B.-E., & de Beer, J. (2012). Sosiaalaanspreeklike etnobotaniese opnames in die Kaapse flora: Etiese beginsels, metodologie en kwantifisering van data. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 31(1), 8 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v31i1.369
Section
Original Research: Social Responsibility and Education