Die karst-ekologie van die Bakwenagrot (Gauteng)

  • Fran�ois Durand
  • Antoinette Swart
  • Werner Marais
  • Candice Jansen van Rensburg
  • Johan Habig
  • Ansie Dippenaar-Schoeman
  • Eddie Ueckermann
  • Riana Jacobs
  • Louis De Wet
  • Louwrens Tiedt
  • Eduard Venter
Keywords: Karst-ekologie, vlermuise, guano, grondwater, Nematoda, Crustacea, Insecta, Arachnida, swamme, bakterie�

Abstract

Die Bakwenagrot huisves �n verskeidenheid organismes wat �n ingewikkelde en verweefde voedselweb vorm. �n Kolonie Natalse langvingervlermuise gebruik hierdie grot regdeur die jaar as blyplek. Die vlermuisguano en dooie plantmateriaal wat van buite in die grot inval, vorm die basis van die ekologie in die grot wat ook as �n tipiese detritus-gedrewe ekostelsel beskryf kan word. Afbrekers soos bakterie� en swamme wat vir die afbraak van die guano en plantreste verantwoordelik is, word deur �n verskeidenheid organismes, insluitend nematode en myte, as voedselbron benut. Hierdie organismes wat die volgende trofiese vlak vorm, word deur predatoriese artropode as voedselbron benut. Die Bakwenagrot is een van die weinige dolomietiese grotte in Suid-Afrika wat dit vir �n mens moontlik maak om tot by die grondwatervlak te kom. Die grondwater huisves verskeie tipes organismes waaronder bakterie�, swamme en diere � hoofsaaklik nematode en krustase�. Die Bakwenagrot is ook die hoofvindplek waar varswater-amfipode in Suider-Afrika gevind is. Hierdie besondere en sensitiewe ekostelsel is hoofsaaklik van guano van die vlermuiskolonie afhanklik. Die grasveld in die gebied rondom die grot, wat as voedingsarea vir die vlermuiskolonie dien, word tans deur voorstedelike ontwikkeling en die gevolglike habitatfragmentasie en -vernietiging bedreig. Indien die vlermuise die grot sou verlaat, sal dit �n hele domino-effek van uitsterwing van die grotbewonende organismes tot gevolg h�.

Author Biographies

Fran�ois Durand
Department of Zoology
Antoinette Swart
Biosystematics Division
Werner Marais
Department of Zoology
Candice Jansen van Rensburg
Department of Zoology and Entomology
Johan Habig
Biosystematics Division
Ansie Dippenaar-Schoeman
Biosystematics Division;�Department of Zoology and Entomology
Eddie Ueckermann
Biosystematics Division
Riana Jacobs
Plant Protection Research Institute, Agricultural Research Council
Louwrens Tiedt
Laboratory for Electron Microscopy
Eduard Venter
Department of Botany and Plant Biotechnology
Published
2012-07-27
How to Cite
Durand, F., Swart, A., Marais, W., Jansen van Rensburg, C., Habig, J., Dippenaar-Schoeman, A., Ueckermann, E., Jacobs, R., De Wet, L., Tiedt, L., & Venter, E. (2012). Die karst-ekologie van die Bakwenagrot (Gauteng). Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 31(1), 17 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v31i1.275
Section
Oorspronklike Navorsing