Die Suid-Afrikaanse uitgebreide maritieme gebied: ’n Alternatiewe metode vir die bepaling van die voet van die kontinentale helling

  • N.A. Pantland Instituut vir Maritieme Tegnologie, Posbus 181, Simonstad, 7995, Republiek van Suid-Afrika
  • J.H. van Vuuren Departement Wiskundige Wetenskappe, Universiteit van Stellenbosch, Privaatsak X1, Matieland, 7602, Republiek van Suid-Afrika
Keywords: Kontinentale helling/voet, oppervlak van maksimale kromming

Abstract

Kuslande het ’n eenmalige geleentheid om by die Verenigde Nasies (VN) aansoek te doen om ’n uitgebreide maritieme gebied, indien hul wetenskaplik kan toon dat die voet van die kontinentale helling (VKH) buite hul soewereine 200 seemyl eksklusiewe ekonomiese sone gele¨e is. Die VN definieer geomorfologies die VKH as die kromme van maksimale buiging tussen die afplattende kontinentale helling en die bodem van die diepsee. In hierdie artikel word daar getoon hoe gediskretiseerde tegnieke uit differensiaalmeetkunde suksesvol gebruik kan word om die VKH benaderd uit satelliet seebodem dieptedata te bepaal, sonder om van data gladstrykingstegnieke gebruik te maak. Hierdie differensiaalmeetkundige benadering is ’n alternatief tot ’n huidige, wyd-gebruikte tegniek vir die bepaling van die VKH en toon dat internasionale spekulasie oor die opportunisme van hierdie tegniek bloot vanuit ’n geomorfologiese perspektief geregverdig mag wees. Die numeriese resultate wat verkry word, is ’n wetenskaplik verantwoordbare aanwyser ten opsigte van die moontlike ligging van die VKH rondom die Suid-Afrikaanse kus.
Published
2006-09-22
How to Cite
Pantland, N., & van Vuuren, J. (2006). Die Suid-Afrikaanse uitgebreide maritieme gebied: ’n Alternatiewe metode vir die bepaling van die voet van die kontinentale helling. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 25(4), 248-265. https://doi.org/10.4102/satnt.v25i4.168
Section
Oorspronklike Navorsing