Gedurende die laaste drie dekades van die 20ste eeu het die wêreld toenemend bewus geword van die globale omgewing en die impakte van menslike aktiwiteite op die omgewing. Vanuit ‘n omgewingsperspektief, het die massamedia bygedra tot die styging in omgewingsbewustheid en het, tereg of verkeerdelik, die fokus van die publiek gevestig op spesifieke omgewingskwessies. Hierdie belangrike bron van inligting (die massamedia) vir die publiek kom voor in ’n groot verskeidenheid vorme: dit sluit die televisie, tydskrifte, koerante en pamflette in. In die algemeen is gevind dat koerante die oorheersende bron van inligting beskikbaar vir die publiek is. Dus fokus hierdie projek op die omgewingsrapportering in nasionale koerante in Suid-Afrika en die vraag of dié soort rapportering genoegsaam is om die publiek se omgewingsbewustheid op te skerp. Eksemplare van twee nasionale koerante, een Engels (
Mense vorm deel van die omgewing. Al ons aktiwiteite met betrekking tot die aarde kan beide die natuurlike ekosisteem en die menslike samelewing beïnvloed. Die kommunikasie van inligting oor menslike interaksie en die impak op die omgewing is belangrik, want kommunikasie, beide massa- en interpersoonlike kommunikasie, is ’n belangrike sleutel tot die verhoging van openbare omgewingsbewustheid en kennis van die omgewingsprobleme wat kan bydra tot ’n volhoubare toekoms en bewaring van die omgewing vir die toekomstige generasies (Stamm, Clark & Eblacas
In die laaste drie dekades van die 20ste eeu het die wêreld ’n toename in bewustheid van die globale omgewing en die impak van menslike aktiwiteite ervaar (Juhola
Tog, met die toename in bewustheid van die omgewing, bly die kommunikasie van inligting oor dié saak steeds baie uitdagend vanweë die dinamiese en komplekse aard van natuurlike stelsels. Die maniere waarop die wetenskap konvensioneel verband hou met die gemeenskap, moet heroorweeg word en aangepas word om in kontak met die huidige maatskaplike en omgewingsrealiteite te bly (Talero
Ondanks ’n herlewing in omgewingsbewustheid, is daar wel ’n kritieke ‘vermiste skakel’ in die nasionale fokus op volhoubaarheid: omgewingsopvoeding en omgewingsbewustheid (Strife
Dít is waar die media se rol in omgewingsopvoeding belangrik word, gegewe die feit dat dit die gehoor in die huise, skole en openbare plekke deur middel van koerante, tydskrifte, radio en televisie bereik. Volgens Talero (
As daar gekyk word na die omgewingsbewustheid van vandag, kan daar afgelei word dat kommunikasiemiddele ’n noodsaaklikheid is tussen die mens en die natuur sodat probeer kan word om komplekse ekosisteme te verstaan en vir die toekomstige generasies te behou. Een van die kommunikasiemiddele wat die band tussen die mens en die natuur kan versterk deur inligting oor verskeie omgewingskwessies oor te dra is die koerant, nie net op streeksvlak nie, maar wel ook op nasionale vlak. Dié studie berus op die volgende navorsingsvraag: Is die rapportering van omgewingskwessies in nasionale koerante genoegsaam om die publiek bewus te maak van hierdie omgewingskwessies?
Om die probleem of vraag te beantwoord is daar gekyk na die volgende navorsingsdoelwitte: Eerstens, is die verskillende omgewingskwessies (wetgewing, biodiversiteit, natuurrampe, besoedeling, ens.) geïdentifiseer en ingedeel in verskeie kategorieë wat oor ’n spesifieke periode gedateer is. Tweedens, is die belangrikheid bepaal van die artikels deur te kyk na die plasing van die artikel in die onderskeie koerante. Die plek in die koerant is ’n aanduiding van hoe belangrik omgewingsnuus beskou word teenoor die ander tipes nuus. Laastens is die identifisering van jaarlikse neigings ondersoek deur te kyk na die datums van die publikasie van die verskeie artikels.
Die natuur is nie die agtergrond waarteen menslike akteurs kan baklei in die stryd van epistologiese en materiële suksesse nie. Inteendeel, die natuur is gestruktureer, word gehandhaaf en bevraagteken deur verstrengelde sosio-politieke en biofisiese prosesse. Daar kan dus gesê word dat die veranderende omgewing, en die mens se interaksie in die ruimtes, die materiaal vir mediadekking bied (Boykoff
Massamediadekking het deurgaans uitgestaan as ’n belangrike rolspeler om verskeie afdelings van omgewingswetenskap, -bestuur en daaglikse lewenswyse sinvol saam te snoer (Dasgupta, Laplante & Meisner
Dit word algemeen aanvaar dat volhoubare vooruitgang in die hantering van omgewingsprobleme slegs moontlik is deur aktiewe gemeenskapsbetrokkenheid by alle openbare omgewingsprobleme en nie net by dié omgewingsprobleme wat mense se persoonlike omstandighede beïnvloed nie (Dasgupta
Vanuit ’n omgewingsperspektief het die massamedia die vlak van omgewingsbewustheid, tereg of verkeerdelik, gefokus op spesifieke omgewingskwessies. Agteruitgang van die omgewing is ’n werklike bekommernis in lande waar openbare kommunikasie tussen groepe in die samelewing ontbreek weens ontoereikende toegang tot inligting. Dit sluit in swak kommunikasie tussen die ekonomiese en die politieke prosesse en so ook gebrekkige verhoudings met ontwikkelde gebiede en natuurlike omgewings (Burgess
’n Radikale transformasie is besig om plaas te vind in die verhouding tussen mens en natuur waar die ‘vergroening’ van persoonlike bedrywighede, die openbare mening en politieke aksie hulle afspeel. Dit is duidelik dat die wetenskap en politiek mediadekking oor die omgewing met verloop van tyd beïnvloed. Maar mediadekking het wetenskaplike en politieke oorwegings, besluite en aktiwiteite ook al verander.
Met ander woorde, die massamedia beïnvloed wie ’n sê het en hoe opgetree moet word. Saam met die baie ruimtelike faktore, wat ook die worsteling van die massamedia met die verskillende omgewingskwessies vorm, is die proses van verteenwoordiging van diegene wat onderliggende kennis besit van die produksieprosesse en vernietiging van die ekosisteem, baie belangrik. Met verloop van tyd was daar ’n stryd om die onderskeie omgewingsuitdagings bekend te stel en dit het die manier waarop instellings en indiwidue omgewingskwessies aanpak, beïnvloed (Boykoff
In die middel van die 1800’s, het die mediakommunikasie uitgebrei en so ook die invloed daarvan. Gedurende hierdie tydperk het media massa-afsetgebied begin kry en belangrike en kragtige sosiale, politieke, ekonomiese en kulturele instellings geword. Verder het die vinnige kommunikasie van die media in die negentiende en twintigste eeu die weg gebaan vir die indrukwekkende ontplooiing van inligting via talle kanale en afsetpunte (Boykoff
Die band tussen massamedia en die omgewing het in die 1960’s en 1970’s sterker geword, deurdat verskeie praktisyns en navorsers beter begrip gekry het vir die verband tussen menslike aktiwiteite en die omgewing (Hansen
Hierdie bewustheid het ’n piek bereik tot en met die 1970’s, maar het weer in die laat 1970’s afgeneem. Verskeie studies toon wel dat die publiek se belang in omgewingsake weer toegeneem het gedurende die laat 1980’s en in 1990 (Hansen
Nuusmedia het ’n belangrike rol gespeel in die bespreking van sosiale en maatskaplike probleme, asook abstrakte risiko’s, byvoorbeeld seks, geweld, misdaad, politiek, maatskaplike kwessies en populêre vermaak wat die publiek affekteer, deels omdat die inligting en die inhoud wat dit lewer, hulle in staat stel om hul gehoor in te lig oor verskeie kwessies buite hul verwysingsraamwerk. Die media se agenda, hetsy nuus oor die politiek of die omgewing, maak vrae oor die gehoor se persepsie van die kwaliteit van die nuusdekking veral belangrik (Riffe & Reimold
Maar volgens vorige navorsing dra die massamedia dikwels by tot die tekortkominge in die publieke persepsie. Inhoudontleders vind op ’n gereelde basis gapings in die mediadekking te wyte aan episodiese dekking van dramatiese gebeure in identifiseerbare siklusse en die oppervlakkige fokus op die menslike belang en ekonomiese implikasies, terwyl tematiese belange vermy word (Hansen
Volgens Stamm
Dasgupta
Die massamedia speel ’n sleutelrol in die voorsiening van inligting aan die algemene publiek en beleidmakers. Net so belangrik is die feit dat die media die klem laat val op sekere kwessies bo ander en dan die siening van die publiek en beleidmakers verander. Gevolglik is dit belangrik om die rol van die massamedia in omgewingsbestuur te verstaan en hoe dit die besluitnemingprosesse beïnvloed (De Loë
As daar gekyk word na kommunikasienavorsing, is die publiek se bron van inligting ten opsigte van ’n wye reeks omgewingskwessies beperk, dus maak lede van die publiek staat op die media as bron van inligting oor omgewingskwessies (Hansen
Een van die mees algemene invloede van die nuusmedia is die raamwerk wat die media se bekwaamheid ten toon stel om ’n nuwe of ou storie te ontbloot en sodoende die ooreenstemmende graad van belangrikheid wat die publiek aan die artikels heg te verander. Empiriese studies het getoon dat die vlak van belangrikheid wat geheg word aan ’n spesifieke omgewingskwessie ooreenstem met die hoeveelheid aandag wat die media gee aan die spesifieke onderwerp (Collins
Die publiek heg nie altyd baie waarde aan sekere tipes nuus nie. ’n Voorbeeld van so ’n geval is wanneer ’n berig oor ’n kort tydperk in die media bekendgestel word. Die publiek se fokus is wel op die berig en somtyds is daar ook ’n regeringsreaksie betrokke, totdat die artikel sy nuuswaardigheid verloor en uit die publieke aandag verdwyn (Collins
Terwyl die massamedia verskeie vorme kan aanneem, is die koerant een van die mees populêre kanale van kommunikasie. Volgens Boykoff (
Gedurende hierdie tydperk was daar ’n behoefte aan politieke massakommunikasie, tesame met die nuwe tegnologie en ekonomiese kapasiteit, asook die vryheid om deel te neem aan die demokratiese prosesse. Die ontwikkeling en verspreiding van koerante het toegeneem vanaf daardie tyd (Boykoff
Die koerantindustrie kan beskou word as een van die belangrikste inligtingsverwerking- en verspreidingsektore van die ekonomie en word gekenmerk as die ‘vierde tak’ van ’n regering wat spesialiseer in onafhanklike en betroubare inligting aan die publiek (Molina
Daaglikse of weeklikse opgedateerde inligting word deur die koerant oorgedra. In teenstelling met meer passiewe kanale van kommunikasie, soos radio en televisie, is koerante die oorheersende, primêre bron met die akkuraatste inligting oor die omgewing wat vir die publiek beskikbaar is. Dit is veral in ontwikkelende lande die geval (Dasgupta
Vir dekades is televisie aangedui as die dominante bron van nuus met koerante as sekondêre nuusbron (Riffe & Reimold
As daar gekyk word na die inhoud van die televisienuus skiet dit tekort in vergelyking met die nuus (inligting) van die koerant (Riffe, Lacy & Reimold
Die meeste individuele koerantartikels bevat meer goed gestruktureerde inligting en agtergrondinligting as wat ’n hele televisienuusprogram bevat. Dus kan daar nie net meer stories gevind word in ’n koerant nie, maar ook meer inligting (Eveland, Seo & Marton
Vandag se koerant verdwaal in ’n mededingende omgewing. Koerante kompeteer nie net meer op die plaaslike mark met ander mediafirmas nie, maar word bedreig deur internasionale maatskappye soos Google, Yahoo, MSN, ensovoorts, en beweeg dus in ’n globale mark in (Berte & De Bens
Die data is versamel deur die argief van die hoofbiblioteek in Bloemfontein te besoek. Volgens Wilkes en Ricard (
Uit die vergelyking van die versamelde data (Bylaes A en B) van beide koerante kan daar baie interessante afleidings gemaak word. In die geval van
Hoeveelheid omgewingsartikels in
In
Hoeveelheid omgewingsartikels in
Die afname in omgewingsartikels tydens die vakansietye is moontlik weens meer artikels oor die verskeie vakansiegebeure as omgewingsartikels. Die fokus val veral op ekonomiese aspekte wat verband hou met die aktiwiteite oor die feestydperk, asook alles wat hierdie tydperk meebring, naamlik: misdaad, geweld, roof, ongelukke, ens. Branton en Dunaway (
Vergelyking van die hoeveelheid artikels in 2007 en 2008 in
Die opbou na die Sokkerwêreldbeker in 2010 wat in Suid-Afrika gehou is, kon moontlik deels daartoe bygedra het. Die nuus het grotendeels gegaan oor die bou van die stadions, die stakings van werknemers wat beter salarisse eis en ander sokkerverwante aangeleenthede.
Ander redes wat ook kon bygedra het tot die afname is die resessie wat in die land geheers het. Die vraag bly egter hoekom die artikels al minder geword het in ’n era waarin die bewustheid van die omgewing drasties toegeneem het? Hierdie vraag gaan in die volgende paragrawe bespreek word wanneer daar gekyk word na die frekwensie van die verskillende omgewingsartikels.
Die verskillende omgewingsartikels in
Frekwensie van artikels vir 2007 en 2008 in
Frekwensie van artikels vir 2007 en 2008 in
Uit
Verder kan uit
Daar is egter ’n kommerwekkende afname in die rapportering oor klimaatsverandering in 2008. Volgens Boykoff (
Boykoff (
Wat wetgewing, besoedeling en natuurrampe betref, kan die vraag gevra word hoekom daar so min daaroor in hierdie koerante gerapporteer is? Natuurrampe vind relatief min plaas, maar die dekking wat wetgewing en besoedeling kry, is kommerwekkend. Hierdie gebeure loop hand aan hand en vind deurlopend plaas. Nuwe omgewingswetgewing en veranderinge in die bestaande wetgewing vind op nasionale regeringsvlak plaas. Dus moet daar meer gelet word op die oordra van inligting oor wetgewing en besoedeling in veral nasionale koerante wat die hele land dek en ’n groot deel van die bevolking bereik.
Nasionale omgewingsnuus en internasionale omgewingsnuus in
Hieruit kan afgelei word dat bogenoemde twee koerante verskillende beleide het ten opsigte van nasionale en internasionale omgewingsrapportering. Dit gebeur vanweë verskeie redes, naamlik die redakteure se besluit om eerder nasionale of internasionale nuus te publiseer, die kwessie van afstand en die sensasiefaktor (De Loë
Volgens Benix en Liebler (
Bladsynommers van omgewingsartikels in
Bladsynommers van die omgewingsartikels in
Volgens De Waal en Schoenbach (
Koerante organiseer inligting op verskeie maniere soos reeds afgelei in bogenoemde teks. Die artikels word geklassifiseer in ’n wye verskeidenheid kategorieë (politiek, sport, ontspanning, ensovoorts). In elke kategorie is die belangrikste artikels op die voorblad, maar die meeste van hierdie artikels loop oor op een van die bladsye binne-in die koerant. Inligting op die voorblad word gewoonlik so georganiseer dat die belangrikste artikels na aan die bokant geplaas word en meer spasie opeis. Groter opskrifte en meer vlakke van opskrifte word gebruik. Uit die aanbieding lei die leser af of die artikel belangrik is of nie (Golovchinsky & Chignell
Die artikels binne-in die koerant word gewoonlik volgens die artikel se onderwerp georganiseer. Dus kan ’n storie verskyn op bladsy een en wel oorloop na die ander bladsye wat ook dieselfde nuusberigte aanbied. Hierdie plasings help lesers om dié deel wat belangrik vir hulle is, makliker te vind (Golovchinsky & Chignell
Uit bogenoemde inligting kan gesien word dat beide koerante omgewingsartikels redelik belangrik ag deurdat hulle op die voorste bladsye van die koerante geplaas word. Plasing op die voorblad van die koerant kom egter baie min voor. Plasing op die voorblad kan die bewusmakingsproses van die lesers bevorder, terwyl ooreenstemmende onderwerpe op dieselfde bladsy die soek- en leesproses sal vergemaklik (Golovchinsky & Chignell
Wanneer daar gekyk word na die resultate van die studie, kan die volgende opsomming gemaak word: Eerstens, beide koerante toon seisoenale tendense in die rapportering van omgewingskwessies. Tweedens, die hoeveelheid artikels in beide koerante neem af vanaf 2007 na 2008. Derdens, die omgewingsartikels fokus meer op biodiversiteit as op ander kategorieë. Vierdens, daar kom meer nasionale omgewingsartikels voor as internasionale omgewingsartikels en laastens word die meeste omgewingsartikels wel op die voorste bladsye van beide koerante gevind, maar nie op die voorblad nie.
Die afleiding wat gemaak kan word, is dat beide die nasionale koerante,
Die skrywer verklaar dat hy geen verhouding het wat hom positief of negatief kon beïnvloed het by die skryf van hierdie artikel nie.
Nasionale en internasionale omgewingsartikels in
Maand | Wetgewing |
Biodiversiteit |
Natuurrampe |
Besoedeling |
Klimaatsverandering |
Ekonomie |
||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|||||||||||||
2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | 2007 | 2008 | |
Januarie | 1 | - | - | - | 3 | 2 | 2 | - (1) | 1 (1) | - | - | - | - | - | - | - (2) | - | 1 (5) | - | 2 (1) | 1 | - | - | |
Februarie | 2 | - | - (1) | - | 4 | 4 | - | 6 | - (1) | 1 (1) | - (1) | - | - | - | 1 | 1 (2) | - | 1 (2) | - | 4 | 1 | 4 | - | |
Maart | 1 | - | - | - | 5 | 4 | 1 (1) | 2 (1) | 3 | - | 2 | - | - | 2 | 1 | 1 | - | 1 | - | - | 5 | - | - | - (1) |
April | 1 | - | - | - | 4 | 3 | 4 | 1 (2) | 1 | - | - | - | 2 | - | - | - | - (1) | - | - | - | 3 | - (1) | 2 (1) | 2 (2) |
Mei | 1 | - | 1 | - | 2 | 2 | - (1) | 1 | 2 | - | - | - (2) | - | 1 | 1 | - | - (1) | - | - (2) | 1 (2) | 3 | - | - (2) | - |
Junie | - | - | - (1) | 1 (1) | - (1) | 3 | 2 (1) | 1 (3) | - | 2 | - | 1 (1) | 1 | - | - | 1 | - | - | - (1) | 1 | - (1) | 2 | 4 (1) | - |
Julie | - | - | 2 | - (3) | 2 | 7 | 2 | 1 (1) | 2 | - | 1 | 3 (1) | - | - | - (1) | - | - | - (1) | - | - | 2 | 1 | 2 (1) | - |
Augustus | - | 1 | - | 1 | 3 | 3 (2) | 2 | 5 (1) | - | 1 | - | 2 | 1 | 1 (1) | - | - | - (1) | - | - | - | 2 (1) | 1 | 1 | - |
September | - | - | - | 2 | 3 | 5 | 1 | 2 (1) | 1 | 1 | - | - | - | 4 | - | 1 | - | - (1) | 1 | - | 2 | - | - (2) | - |
Oktober | - | - (1) | - | - | 1 | 1 (2) | 1 (2) | - (2) | 1 | - | - | - | 2 | - | 1 | - | - | - | 2 (2) | - | 1 (1) | - (1) | - | - |
November | - | - (1) | 1 | 1 | 4 (1) | - (2) | 3 | 3 (1) | - | - | 1 | 2 | 1 | 2 | - | 2 | - | - | - | 1 | 2 | 1 | - | - |
Desember | 1 | - | - | - | 4 | - (1) | 2 (1) | - | 1 | - | - | - | - | 1 | - | 1 | - | - | - (1) | - | 1 | - (2) | - | - |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Nota: Frekwensie van internasionale artikels in hakies aangedui.
Totale omgewingsartikels per maand in
Maand |
|
|
||
---|---|---|---|---|
2007 | 2008 | 2007 | 2008 | |
Januarie | 9 | 5 | 8 | 1 |
Februarie | 13 | 6 | 10 | 8 |
Maart | 14 | 7 | 5 | 5 |
April | 12 | 4 | 7 | 7 |
Mei | 9 | 3 | 7 | 6 |
Junie | 3 | 7 | 10 | 10 |
Julie | 6 | 9 | 9 | 9 |
Augustus | 8 | 10 | 3 | 9 |
September | 6 | 11 | 4 | 6 |
Oktober | 6 | 5 | 8 | 2 |
November | 8 | 6 | 5 | 10 |
Desember | 7 | 4 | 4 | 1 |
|
|
|
|
|