Faktore wat onderwysers se gebruik van GeoGebra vir Wiskundeonderrig beïnvloed

  • Gerrit H. Stols Department of Science, Mathematics and Technology Education, University of Pretoria
  • Stephan J. Venter Department of Science, Mathematics and Technology Education, University of Pretoria
  • Elizabeth M. Louw Department of Statistics, University of Pretoria
Keywords: mathematics, teachers, technology, ICT, software

Abstract

Hierdie studie het ondersoek gedoen na faktore wat onderwysers se gebruik van wiskundesagteware (in hierdie geval GeoGebra) vir onderrig en leer beïnvloed. Deelnemers aan die studie is by wyse van doelsteekproeftrekking geselekteer uit ʼn groep onderwysers wat sagtewareopleiding ontvang het, toegang tot rekenaars het en met die sagteware vertroud is. Vyf-en-sewentig respondente het die gestruktureerde vraelyste voltooi. Veelvoudige regressie is gebruik om die verhouding tussen die vier konstrukte van die Unified Theory of Acceptance and Use of Technology te ondersoek. Hierdie konstrukte is prestasieverwagting, verwagte inspanning, sosiale invloed, en fasiliterende omstandighede met betrekking tot onderwysers se voorneme om die wiskundesagteware te gebruik. Die studie het bevind dat die kombinasie van die vier bogenoemde konstrukte 30% van die variansie in respondente se voorneme om die sagteware te gebruik verduidelik het. Daar is gevind dat fasiliterende omstandighede nie regstreeks ʼn invloed op mense se gebruik al dan nie van die sagteware het nie, aangesien almal van hulle toegang tot rekenaars het. Onderwysers se voorneme om sagteware te gebruik het geblyk die werklike gebruik van sagteware vir onderrig en leer te voorspel.

Author Biography

Gerrit H. Stols, Department of Science, Mathematics and Technology Education, University of Pretoria

Department of Science, Mathematics and Technology Education

 

Published
2016-06-08
How to Cite
Stols, G., Venter, S., & Louw, E. (2016). Faktore wat onderwysers se gebruik van GeoGebra vir Wiskundeonderrig beïnvloed. Suid-Afrikaans Tydskrif Vir Natuurwetenskap En Tegnologie / <i>South African Journal of Science and Technology</I&gt;, 35(1), 8 bladsye. https://doi.org/10.4102/satnt.v35i1.1366
Section
Oorspronklike Navorsing