About the Author(s)


Chantal Scholtz Email
Department of Chemistry, University of Pretoria, South Africa

Darren L. Riley symbol
Department of Chemistry, University of Pretoria, South Africa

Citation


Scholtz, C. & Riley, D.L., 2017, ‘’n Deurlopende vloeisintese van die anti-inflammatoriese COX-II-stremmer Celecoxib’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 36(1), a1465. https://doi.org/10.4102/satnt.v36i1.1465

Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27–28 October 2016, North-West University, South Africa. Organising committee: Mr Rudi Pretorius (Department of Geography, University of South Africa); Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]); Dr Andrew Swarts (School of Physical and Chemical Sciences, North-West University).

Referaatopsomming

’n Deurlopende vloeisintese van die anti-inflammatoriese COX-II-stremmer Celecoxib

Chantal Scholtz, Darren L. Riley

Copyright: © 2017. The Author(s). Licensee: AOSIS.
This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract

A continuous flow synthesis of the anti-inflammatory COX-II inhibitor Celecoxib. Flow chemistry is a novel technology which can be used for the economical manufacturing of fine chemicals and active pharmaceutical ingredients (APIs) in an environment where economies of scale are not realised. Presented are our efforts to develop a rapid high-yielding flow synthesis of Celecoxib, an anti-inflammatory COX-II inhibitor.

Vloeichemie is moderne tegnologie wat gebruik kan word vir die ekonomiese vervaardiging van fyn chemikalië, veral vir aktiewe farmaseutiese middels in ’n omgewing waar die ekonomie van skaal gewoonlik nie gerealiseer word nie. Vloeichemie word gedefinieer as die gebruik van deurlopende prop-vloei-reaktors in plaas van konvensionele reaktors (Ley & Baxendale 2002a; Baxendale & Ley 2007) vir die sintese van chemiese tussenprodukte en aktiewe farmaseutiese middels.

Vloeichemie maak gebruik van geïmmobiliseerde reagense, opruimers en vang-en-vrystel-tegnieke om van die probleme, wat tradisioneel geassosieer word met konvensionele lotsintese, soos bewerking, suiwering en optimisering, te oorkom. Tradisionele glasware word vervang deur patrone en kolomme wat voor gebruik met verskeie soliededraer-reagense gepak kan word, of deur reaksiemikroskyfies en -kronkels wat die beheerbare meng van reagense saam met uitstekende beheer van reaksietemperatuur toelaat (Baxendale et al 2006; Ley & Baxendale 2002b).

Van die voordele van vloeichemie, in vergelyking met lotreaksies, lei tot hoër spesifisiteit, hoër opbrengs, hoër deurset teen laer reaktorvolumes, laer produksiekoste, verbeterde meng- en skaalvergroting, sowel as beter gebruik van oplosmiddels en chemikalieë, om ’n paar te noem. Vloeichemie word wel benadeel deur duur toerusting en is slegs bruikbaar as die vorming van presipitate vermy kan word. (Ley & Baxendale 2002a; Baxendale & Ley 2007).

Ons ondersoek die gebruik van hierdie tegnologie vir die produksie van verskeie fluoorbevattende, aktiewe farmaseutiese middels met die doel om te bewys dat vloeichemie meer toepaslik as tradisionele lotsintese is. Ons pogings tot ’n vinnige, hoë opbrengssintese van Celecoxib, ’n anti-inflammatoriese COX-II-stremmer, sowel as die vordering met die sintese van ander fluoorbevattende, aktiewe farmaseutiese middels en tussenprodukte, word aangebied.

Die vloeiroete wat ontwerp is, lewer ’n hoë opbrengs Celecoxib, met verminderde reaksietye, en die proses word as geheel in groen oplosmiddels gedoen. Toekomstige doelwitte behels die ontwikkeling van ’n vloeiproses waardeur arielhidrasiene as arielfluoriede verkry kan word.

Literatuurverwysings

Baxendale, I.R., Deeley, J., Griffiths-Jones, C.M., Ley, S.V., Saaby, S. & Tranmer, G.K., 2006, ‘A flow process for the multi-step synthesis of the alkaloid natural product oxomaritidine: A new paradigm for molecular assembly’, Chemical Communications 24, 2566–2568. https://doi.org/10.1039/b600382f; PMid:16779479

Baxendale I.R. & Ley S.V., 2007, ‘Solid supported reagents in multi-step flow synthesis’, in P. Seeberger & T. Blume (eds.) New avenues to efficient chemical synthesis, Ernst Schering Foundation Symposium Proceedings 3/2006, 151–185, Springer, Berlin/Heidelberg. https://doi.org/10.1007/2789_2007_033

Ley, S.V. & Baxendale, I.R., 2002a, ‘New tools and concepts for modern organic synthesis’, Nature Reviews Drug Discovery 1(8), 573–586. https://doi.org/10.1038/nrd871; PMid:12402498

Ley, S.V. & Baxendale, I.R., 2002b, ‘Organic synthesis in a changing world’, The Chemical Record 2(6), 377–388. https://doi.org/10.1002/tcr.10033; PMid:12469349